Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
KYK: Ace toegang geweier by wit woonwapark

Ace Magashule, ANC-sekretaris-generaal, se besoek aan Hermanus in die Wes-Kaap het Woensdagoggend op ’n suur noot begin toe hy en ander ANC-lede toegang tot ’n woonwapark, waar hoofsaaklik wit gesinne permanent woon, geweier is.

Die hekke by die Paradise Park-woongebied was agter slot en grendel toe Magashule se swart Mercedes-Benz-bussie en ’n konvooi motors van ander ANC-ondersteuners daar aangekom het.

Veiligheidswagte by die hekke het geweier om die hekke oop te maak voordat hulle eers die nodige toestemming verkry het.

Magashule en die helfte van die mense is uiteindelik eers ná middagete ná die ingryping van die polisie in die gebied toegelaat.

Ace Magashule praat met die media. Foto: Jaco Marais

Volgens Faiez Jacobs, Wes-Kaapse ANC-sekretaris, is die ANC en Magashule deur die inwoners genooi om hul probleme te gaan bespreek.

Die gemeenskap word deur uitsetting in die gesig gestaar.

Die DA-beheerde Overberg-munisipaliteit verduidelik op sy webtuiste dat die nuwe eienaar wat die grond in 2017 gekoop het, nie besit daarvan kan neem nie, omdat die mense wat onwettig daar woon geen ander heenkome het nie. Daar is dus tans ’n wetlike proses aan die gang om ’n ander heenkome vir hulle te vind.

Lana van Dyk
Lana van Dyk (75), ANC-veteraan, saam met Ace Magashule. Sy bly al in Paradise Park sedert 1997. Foto: Jaco Marais

Magashule het voor sy besoek aan Paradise Park gesê alle Suid-Afrikaners – wit mense ingesluit – het die reg om vir die ANC in die komende verkiesing te stem.

“Ek is verras dat die DA wit mense (uit Paradise Park) wil sit. Die DA kan daarom nie sê dat dit ’n nie-rassige party is as hy wit mense wat hulle met die ANC vereenselwig, sonder respek behandel nie.

“Dit is waarom ons benadruk dat die onteiening van grond sonder vergoeding moet plaasvind,” het Magashule gesê.

* Volg Netwerk24 vir meer oor die berig.

ace
Die hekke is aanvanklik gesluit. Foto: Jaco Marais

Meer oor:  Ace Maga­Shule  |  Hermanus  |  Paradise Park
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.