Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Gemeenskap kom praat in parlement oor bendegeweld

Inwoners van Kaapstad se bendegeteisterde gebiede kry Dinsdag in die parlement die geleentheid om hul ervarings met parlementslede te deel wanneer hulle voor die portefeuljekomitee oor polisie getuig.

Dié komitee ondersoek hoe doeltreffend die polisie se strategie is om bendes teen te werk. Die ondersoek kom teen die agtergrond van meer as 185 mense wat sedert Maart verlede jaar in bendeverwante geweld in die Kaapse Vlakte vermoor is.

Staatsrede
Die lugmag vlieg oor die parlement. Foto: Jaco Marais

Francois Beukman, voorsitter van die komitee, sê hulle sien uit daarna om na die bydraes en insette te luister van mense uit die Wes-Kaap, Oos-Kaap, Vrystaat en Gauteng wat genooi is om oor hul ervarings en kommer oor wetstoepassing te kom getuig.

“Die hoeveelheid jong kinders wat in die kruisvuur van bendegevegte sterf, is totaal onaanvaarbaar. Daarom moet al die rolspelers – van ouers, skole, ondernemings en godsdienstige groepe tot die verskillende regeringsvlakke – saamwerk om die probleem by sy wortels te pak.”

Die insette van gemeenskapslede, gemeenskapsleiers, vakbonde en godsdienstige leiers is volgens die komitee noodsaaklik in die poging om bendeverwante misdaad te stuit.

Beukman sê ook daar is groot kommer oor die klomp ongelisensieerde vuurwapens wat vryelik beskikbaar is in dié gebiede. Dit verg voortdurende ingryping deur die owerheid.

Polisiekantore in dié gebiede behoort gelei te word deur ervare bevelvoerders en moet goed toegerus wees om die probleme te kan hanteer.

Meer oor:  Parlement
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.