Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Gemengde gevoelens oor Lesufi se nuwe pos

Nie almal is gelukkig oor die nuwe pos wat Panyaza Lesufi voortaan gaan vul nie.

Lesufi, voorheen Gauteng se LUR vir onderwys, neem die portefeulje finansies en e-regering oor.

David Makhura, premier van Gauteng, het vroeg Woensdagoggend sy nuwe provinsiale uitvoerende raad aangekondig.

Cope het kort ná die aankondiging sy misnoeë met die besluit te kenne gegee.

“Dit is die grootste fout wat Makhura nog gemaak het,” sê Dennis Bloem, nasionale woordvoerder van Cope.

Dit is die grootste fout wat Makhura nog gemaak het.

Bloem waarsku dat Makhura nie lukraak aanstellings moet maak sonder om die gemeenskap se belange ook ter harte te neem nie.

“Onderwys is belangrik. Ons benodig ’n standvastige mens soos Lesufi, die deurwinterde LUR van onderwys,” sê Bloem.

Die DA is ook ontevrede oor Makhura se nuwe kabinet, berig News24.

Solly Msimanga, die DA se koukusleier in Gauteng, sê “Lesufi is ’n beeldpoetser. Wat weet hy van finansies af?”

Die DA sal ondersoek instel of Lesufi bevoeg is vir sy nuwe pos.

Hoewel hy meen die nuwe aanstelling is kommerwekkend, was dit nie vir hom ’n verrassing nie.

Lesufi self het Woensdag sy ondersteuners op Twitter bedank vir hul volgehoue steun en gesê Nomantu Nkomo-Ralehoko is beslis bekwaam om die onderwyspos te vul.

“Ek sal daar wees vir haar,” sê Lesufi.


Meer oor:  Panyaza Lesufi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.