Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘Geregtigheid ly weens talle vakatures in howe’ – DA
Glynnis BreytenbachFoto: Herman Verwey

Daar is meer as 1 000 vakatures in Suid-Afrikaanse howe en dit ondermyn die regsproses, sê Glynnis Breytenbach, DA-woordvoerder oor justisie.

Van die poste is al meer as ’n jaar vakant.

Ronald Lamola, minister van justisie, het volgens Breytenbach in antwoord op ’n parlementêre navraag van die DA gesê 889 van dié poste is in die laer howe (landdros- en streekhowe) en 163 in die hoër howe (hooggeregshowe en appèlhof).

“Die langdurige vakatures in ons hofstelsel hou ernstige gevolge vir Suid-Afrikaners in wat geregtigheid soek nadat misdade teen hulle gepleeg is.

“Die vakatures, wat insluit dié van voorsittende beamptes en hofamptenare, verklaar die onvermoë van ons regstelsel om sy konstitusionele mandaat teenoor die mense van Suid-Afrika na te kom,” sê Breytenbach in ’n verklaring.

Sy sê daar is ooglopend ’n blokkasie in die stelsel wat dringend aandag moet kry.

Die DA sal daarom ’n skrywe rig aan die parlementêre portefeuljekomitee vir justisie en korrektiewe dienste en die komitee vra om die departement van justisie, die regterlike dienstekommissie en die presidensie te versoek om voor hom te verskyn en te verduidelik waar die probleme lê met die aanstelling van landdroste, regters en ondersteuningspersoneel in die howe.

Breytenbach sê daar is ’n tekort aan 426 landdroste en 436 administratiewe personeellede in die laer howe.

In die hooggeregshowe is daar ’n tekort aan 36 regters, terwyl daar 130 vakante poste vir administratiewe personeel is.

Dit is onaanvaarbaar dat daar soveel vakatures in die land is terwyl misdaad hoogty vier en veral vroue en kinders daaronder ly, sê sy.

* Adv. Shamila Batohi, nasionale direkteur van openbare vervolging, het in Augustus aan joernaliste op ’n byeenkoms van die Justisie-kollege in Pretoria gesê meer as 6 000 mense het in die Vrystaat vir net ses aanklaerposte op intreevlak aansoek gedoen, en meer as 1 000 vir ’n enkele pos in die Oos-Kaap. Landwyd is 19 sulke poste geadverteer.

“Van die aansoekers beskik selfs oor doktorsgrade, terwyl nog baie ander ervare mense ook aansoek gedoen het.”

Meer oor:  Glynnis Breytenbach  |  Ronald Lamola  |  Da
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.