Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Gerrie reg vir staatskapers wat NVG nie vervolg

AfriForum se private vervolgingseenheid sal elke saak van staatskaping aanvat wat die nasionale vervolgingsgesag (NVG) besluit om nie te vervolg nie.

Só sê adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se private vervolgingseenheid, wat Donderdagaand in die botaniese tuine in Bloemfontein ’n praatjie gelewer het.

“Ons sal na elke saak kyk wat hulle besluit om nie te vervolg nie en as dit meriete het, sal ons dit aanvat.

“As hulle besluit omdat hulle bang is vir wie ook al, of hulle skuld gunste . . . ons skuld niemand gunste nie.”

Op die vraag of dié eenheid beoog om Ace Magashule, oudpremier van die Vrystaat en nou die sekretaris-generaal van die ANC, aan te vat, sê Nel dit is nog te vroeg om te sê.

“Die polisie is nog besig met ’n ondersoek.”

Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se private vervolgingseenheid. Foto: Marita Herselman

Hierdie private vervolgingseenheid, wat in Maart 2017 begin is, word eers by ’n saak betrokke nadat die NVG besluit het om nie die klagte in die hof te toets nie.

Die eenheid sê dan vir die NVG waarom die saak meriete vir vervolging het, waarna die NVG dit kan heroorweeg om self te vervolg. Indien hy dan nie vervolg nie, word ’n sertifikaat uitgereik wat dit bevestig. Die private vervolgingseenheid kan dan eers aankla.

Nel sê dit is ook ’n oorwinning vir die eenheid wanneer die NVG wel besluit om ’n saak self te vervolg waarin hulle belanggestel het, omdat sewe mense nie die kapasiteit het om al die sake aan te vat nie. Die NVG het honderde aanklaers, sê hy.

Nel sê hy hoop die konsep van private vervolging word bekend en dat dit nog lank nadat hy nie meer hier is nie, sal voortbestaan.

“Sodat wanneer die regering nie daarin slaag om te vervolg nie – want mense word teen vervolging beskerm – daar altyd ’n private aanklaer sal wees om te verseker dat daar gelykheid voor die gereg is.”

Nel wil hiermee uitgesoekte vervolging bekamp, waar sekere mense vervolg word en ander nie, of mense sonder rede vervolg word.

Hy sê selfs al vervul private vervolging op die lange duur ’n rol van “ ’n tipe ombudsman” wat verseker die NVG vervolg die sake waarteen eers besluit is, het hulle hul doel bereik.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.