Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Gesinne op oorvol erf kry huise ná Cyril se besoek

Die sewe gesinne wat almal op een erf woon in Kimberley, waar pres. Cyril Ramaphosa twee weke gelede in sy hoedanigheid as ANC-president besoek afgelê het, gaan nuwe of opgeknapte huise kry.

Dit volg ná Ramaphosa se besoek aan Colville aan die vooraand van die ANC se 108ste verjaardagviering wat op 11 Januarie in die Diamantstad gehou is.

Pres. Cyril Ramaphosa luister na inwoners van Colville in ’n huis op die erf waar 44 individue in verskillende strukture bly. Foto: Charné Kemp

Ramaphosa was geskok om soveel mense op een erf in haglike omstandighede in sinkhuise te sien woon. Dit blyk nou daar woon 44 mense op die erf.

Shaine Griqua, ’n ANC-raadslid van die Sol Plaatje-munisipaliteit wat in Colville woon, was saam met die president op dié besoek.

Nadat mediaberigte verskyn het, is Griqua deur ’n Gautengse maatskappy genader wat vir die gesinne nuwe huise wil bou.

Griqua sê die direkteure van AfriBiz Investments en die Collen Mashawana-stigting wou ook die gesinne se omstandighede van nader bekyk.

Die eienaarskap van die betrokke erf en huis in Colville waar die gesinne tans woon, is nooit van die oorlede eienaar na haar nasate oorgedra wat nou daar bly nie. Ons sal toesien dat dit gedoen word.
Bertram Mitchell, AfriBiz Investments

Donderdag het die direkteure, Collen Mashawana en sy broer Cecil, en hul besturende direkteur, Bertram Mitchell, van Johannesburg gekom om saam met Griqua, dr. Zamani Saul, premier, en sy raadgewers met die gesinne op die perseel te vergader.

“Ek is geweldig dankbaar vir die aanbod om die huise te bou, en vir die premier en munisipaliteit se samewerking. Die munisipaliteit sal gedienste erwe beskikbaar stel en verseker dat titelaktes ook gereed is,” sê Griqua.

“Die beskikbare erwe is nie almal in Colville nie, maar die gesinne is net te dankbaar om hul eie huise te kry.”

Die presiese ligging moet nog vasgestel word.

“Daar is baie ander gesinne in Colville en Floors wie se titelaktes nie in hul name oorgedra is ná die dood van die vorige eienaar nie. Ek sal ook help om dié probleem op te los.”

Agter tussen die mense wat almal op een erf in Colville bly, is van links dr. Zamani Saul, Noord-Kaapse premier, Cecil Mashawana, Bertram Mitchel en Collen Mashawana. Voor is Lebogang Mothaping, Norman Shushu, Shaine Griqua en Duane Louw. Foto: Verskaf

Mitchell sê AfriBiz Investments het 18 maatskappy wat in die boubedryf werksaam is.

“As deel van ons gemeenskapsbetrokkenheid bou ons jaarliks 50 huise vir behoeftige gesinne, wat ons teen volgende jaar na 100 per jaar wil opskuif.

“Tot nou het ons huise oral in die land gebou – behalwe in die Noord-, Oos- en Wes-Kaap – vir bejaarde en gestremde mense of huisgesinne waar kinders aan die hoof staan.”

Michell sê met hul besoek aan Colville was hulle geskok om die gesinne se omstandighede, wat hy as betreurenswaardig beskryf, eerstehands te beleef.

“Die ses huise sal die eerste huise in die Noord-Kaap wees wat ons sal bou. Ons is nog nie seker of ons twee- of drieslaapkamerhuise, elk met ’n badkamer, kombuis en oopplan-leefvertrek, sal bou nie.

“Die bestaande huis in Colville sal ook opgeknap en gemoderniseer word. Al sewe huise moet teen April voltooi wees.”

Mitchell sê hulle is ook besig om ander borge te betrek om boumateriaal te verskaf, asook nuwe meubels vir die huisgesinne.

“Ons sal ook plaaslike bouers die geleentheid gee om te bou.”

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Kimberley
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.