Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Finansiering van partye: Nuwe wet binnekort in werking

Pres. Cyril Ramaphosa het aangekondig dat die Wet op Politieke Partyfinansiering van 1 April 2021 af in werking sal tree.

Die presidensie het Vrydag in ’n verklaring dié stap as ’n geskiedkundige verwikkeling “vir deursigtigheid en verantwoordbaarheid in Suid-Afrika” bestempel, nadat Ramaphosa die proklamasie onderteken het.

Dié wetgewing reguleer die finansiering van politieke partye deur individue, die private sektor en staatsgeld. Dit maak ook voorsiening vir befondsing van die partye wat in die parlement en wetgewers verteenwoordig word om hul werk te verrig. Dit vereis ook dat skenkings deur partye en skenkers aan die Verkiesingskommisie verklaar word.

Die parlement het die wetsontwerp in Junie 2018 aanvaar en die president het dit in Januarie 2019 bekragtig.

Volg Netwerk24 vir meer.

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Presidensie  |  Verkiesing  |  Politiek  |  Wetgewing  |  Ovk  |  Fondsinsameling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.