Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Gesondheid! Aan Malema en sy duur drankie

“Ja, is jy nou tevrede?”

So het Julius Malema, EFF-leier, Vrydag geantwoord op ’n Twitter-gebruiker wat by ’n foto van Malema in sakeklas skryf: “Hy geniet ’n bietjie Moët et Chandon terwyl hy regmaak om vir die armes te veg.”

Daniël Eloff, wat dié foto vroeër getwiet het, antwoord Malema dan: “Gesondheid Julius. Ek hoop jy het die beste wat kapitalisme kan bied, geniet.”

Malema antwoord: “Moenie vergeet om jou medikasie vandag te neem nie.

Die EFF-LP Veronica Mente het haar stuiwer in die armbeurs gegooi toe sy ’n foto van haarself op ooglopend dieselfde vlug, ook in sakeklas, twiet: “Hier is nog ’n LP in sakeklas. Het jy iets te sê? Jou wit-bevoorregte sin van reg op gerief en alle goeie dinge, het in 1994 geëindig, maar @MYANC laat julle wit mense toe om ons te ondermyn & jy dink jy kan dit aan die EFF doen. Verkeerd.”

EFF-leiers word dikwels daarvan beskuldig dat hul leefstyl bots met hul sosialistiese oortuigings.

Marianne Thamm het onlangs vir Daily Maverick ’n artikel geskryf nadat sy deur die EFF se vullis gesnuffel het. Dit was nadat EFF-lede ’n villa in Kampsbaai teen R60 000 gehuur het. Hulle het sowat ’n week daar deurgebring terwyl hulle vir pres. Cyril Ramaphosa se staatsrede in die Kaap was.

Thamm het geskryf oor onder meer die duur bottels alkohol en klere-etikette wat in die vullis was, terwyl die EFF voorgee dat hulle vir die regte van armes baklei.

Malema en dr. Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van die EFF, het nie op ’n versoek om kommentaar gereageer nie.

Meer oor:  Julius Malema  |  Sosiale Media  |  Foto  |  Sakeklas  |  Eff  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.