Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Ghaddafi se miljoene ‘nie deur Zuma in Swaziland versteek’

Die sentrale bank van eSwatini (voorheen Swaziland) het ontken dat hy geld van ’n voormalige president van Suid-Afrika hou.

Dit volg nadat daar berig is dat oudpres. Jacob Zuma geld van die ontslape Moeammar Ghaddafi, oudstaatshoof van Libië, in daardie land wegsteek.

“Die sentrale bank van eSwatini wil die nasie en die internasionale gemeenskap inlig dat hy nie geld hou of al ooit geld gehou het van ’n voormalige president van die Republiek van Suid-Afrika soos dit onlangs in plaaslike en internasionale mediaberigte beweer is nie.

Moeammar GhaddafiFoto: Argief

“Volgens wet, sowel as in praktyk, hou die bank slegs geld van die eSwatini-regering en plaaslike gelisensieerde handelsbanke. Die sentrale bank van eSwatini vra verskoning aan Sy Majesteit koning Mswati III, Haar Majesteit Indlovukazi, die hele Swazi-nasie en enigeen wat nadelig geraak is deur die valse bewerings.”

Die verklaring is onderteken deur Majozi Sithole, president van die sentrale bank van eSwatini.

Sunday Times het verlede week berig Ghaddafi het Zuma sowat $30 miljoen gegee om veilig te bewaar voor hy (Ghaddafi) in 2011 vermoor is.

Die geld is na wat berig word vroeër vanjaar in die geheim van Zuma se Nkandla-woning, waar dit kwansuis versteek is, na eSwatini geskuif.

Na wat berig is, het koning Mswati III die bestaan van die geld aan pres. Cyril Ramaphosa bevestig op ’n vergadering by die O.R. Tambo-lughawe in Johannesburg.

Volgens Sunday Times se bronne, het Zuma in 2011 saam met dr. Siyabonga Cwele, destyds minister van staatsveiligheid, na Libië gereis om Ghaddafi veilige deurgang na Suid-Afrika te bied.

Libië se militêre oewerhede het na wat berig word Ramaphosa gevra om te help om geld terug te kry wat aan Ghaddafi behoort en glo in eSwatini is.

Zuma het vroeër vandeesweek op Twitter gesê hy weet niks van die geld nie.

“Sug! Ek skuld miljoene in regskoste ... Ek het julle gevra om te help met daardie een titelakte vir my om daardie huis te verkoop. Nou hoor ek het geld gehou wat aan my ontslape broer Ghaddafi behoort. Waar is die geld, want Sy Majesteit weet niks daarvan nie?”

Meer oor:  Jacob Zuma  |  Eswatini
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.