Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘Gierige ANC-politici het Prasa vernietig’

Die Passasierspooragentskap (Prasa) “is deur gierige ANC-politici vernietig”.

So het Lucky Montana, voormalige uitvoerende hoof van Prasa, Vrydag voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping getuig.

Montana het gesê hy het geweet hy gaan sy werk by Prasa verloor, “want ek het baie belangrike mense in die ANC teengestaan”.

Volgens Montana is die ANC sy party en het hy hom reeds as studente-aktivis daarby aangesluit.

Montana het getuig hy is deur Ben Martins, toe minister van vervoer, na ’n vergadering genooi waar Duduzane Zuma, oudpres. Jacob Zuma se seun, en Tony Gupta aan hom voorgestel is.

Die ontmoeting was volgens getuienis wat Martins in ’n parlementêre ondersoek oor Eskom-sake gegee het in September 2012.

“Hulle wou doen wat die Guptas wou hê. Hulle het probeer om Prasa se verkrygingsproses vir treine te manipuleer,” het Montana Vrydag aan die kommissie gesê.

“Ek het aan Martins gesê hulle kan nie werk aan mense van buite die land gee nie. Ek het gesê as hulle geld uit die land vat, gaan ek dit teenstaan. Die brulpaddas is hier. Dit is hoekom ek ’n vyand sou word.”

Hulle wou doen wat die Guptas wou hê. Hulle het probeer om Prasa se verkrygingsproses vir treine te manipuleer.

Volgens hom het hy aan Martins gesê hulle moet die president (Zuma) beskerm.

Montana het getuig toe hy in die parlementêre ondersoek oor Eskom teen die Guptas getuig het, was diegene wat teen Zuma baklei het baie bly daaroor.

“Dit het hulle baie gelukkig gemaak, want hulle kon dit teen Zuma gebruik.”

Montana het ook aantygings teen Popo Molefe, destydse voorsitter van die Prasa-direksie, gemaak en gesê Molefe het verkeerdelik aangevoer Prasa was ’n disfunksionele entiteit toe hy in 2014 as direksievoorsitter aangestel is.

“Molefe en nog twee nuwe direksielede is ingebring om van my ontslae te raak; daarom is daar ná hul aanstelling in die direksie beweer dat ek Prasa-geld namens Zuma steel.

“Molefe het my verkeerdelik as die hoof van Prasa van korrupsie beskuldig, maar onreëlmatige besteding kan nie as korrupsie gesien word nie.”

Montana het herhaal wat hy vroeër die oggend voor sy getuienis gesê het: dat die kommissie die term “onreëlmatige besteding” tot korrupsie en diefstal verhef.

“Onreëlmatige besteding beteken nie korrupsie nie. Daar word aangevoer dat miljarde rande weens staatskaping verloor is, terwyl dit in der waarheid onreëlmatige besteding is,” het hy toe aangevoer.

Molefe het vantevore voor die kommissie getuig dat Montana die besonderhede van verskeie kontrakte glo van die raad probeer weerhou het, asook ’n tussentydse verslag oor Prasa wat deur die vorige openbare beskermer, adv. Thuli Madonsela, opgestel is.

Onreëlmatige besteding beteken nie korrupsie nie. Daar word aangevoer dat miljarde rande weens staatskaping verloor is, terwyl dit in der waarheid onreëlmatige besteding is.

Volgens Molefe sou Montana se kontrak as uitvoerende hoof van Prasa in Maart 2015 verstryk het, maar hy is gevra om nog ses maande aan te bly om stabiliteit in die onderneming te bevorder terwyl die raad na ’n plaasvervanger soek. Dit het egter die teenoorgestelde uitwerking gehad en Montana het dit ontwrig. Dus het die direksie gevra dat hy vroeër gaan.

Montana het getuig hy beskou Molefe as ’n wolf in skaapsklere en het beweer dat hy “ ’n dubbele lewe lei”.

• Martins is deur Zuma as adjunkminister van openbare ondernemings aangestel. Hy was van 1 November 2010 tot 1 Junie 2012 hier aangestel. Hy is in een van Zuma se kabinetskommelings tot minister van vervoer bevorder en was in dié amp van Junie 2012 tot Julie 2013, waarna hy tot 25 Mei 2014 minister van energie was.

Meer oor:  Zondo-Kommissie  |  Prasa  |  Lucky Montana
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.