Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Gigaba gedreig as hy nie Myeni, Guptas se opdragte uitvoer

Dudu Myeni, voormalige voorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens en vertroueling van oudpres. Jacob Zuma, en Ajay Gupta “sou na Zuma hardloop” en Malusi Gigaba verkla as hy nie hul opdragte wou uitvoer nie.

Volgens Norma Mngoma, die oudminister se vervreemde vrou wat Maandagaand voor die Zondo-kommissie na staatskaping getuig het, het Gigaba gekla Myeni voer inligting aan Zuma sonder om hom (Gigaba) daaroor in te lig.

JOHANNESBURG, SOUTH AFRICA - APRIL 26: Norma Mngom
Norma Mngoma het Maandagaand voor die Zondo-kommissie na staatskaping in Johannesburg getuig. Foto: Gallo Images

Wanneer Gigaba nie opdragte van Ajay Gupta of Myeni uitvoer nie, sou hulle die president bel. “Myeni sou dan namens die president instruksies gee,” het Mngoma getuig.

Sy het gesê Gigaba was ongelukkig daaroor. Hy het gemeen daar moet direkte kontak tussen hom en Zuma wees, want hy doen nie verslag aan Myeni nie.

Gigaba het aan Mngoma gesê hy is gedreig dat hy teruggeskuif sal word na die departement van binnelandse sake as hy nie na Myeni luister nie.

Ook wanneer Ajay Gupta gebel en opdrag gegee het dat Gigaba na die Gupta-huis in Saxonwold moet gaan, het hy gehoor as hy die departement van openbare ondernemings wil bestuur na sy wense, moet hy onthou hoekom hy daar as minister aangestel is.

Oor die verhouding met Myeni het Mngoma getuig daar was aanvanklik ’n hegte verhouding – byna soos broer en suster.

Malusi Gigaba Foto: Daily Sun

Myeni het ’n vakansie vir Gigaba en Mngoma gereël. Volgens Mngoma het Gigaba gesê hy het vir die vakansie betaal, maar in der waarheid het Myeni alles gereël: waar hulle sou bly, hoe hulle op die lughawe gehaal sou word en wat hulle sou doen.

Sy het hulle by die Sheraton-hotel in Pretoria ontmoet en die besonderhede van hul vakansie na Mauritius met hulle bespreek.

Mngoma het getuig die verhouding tussen Gigaba en Myeni het versuur toe Myeni volgens Gigaba by die bestuur van die SAL ingemeng het.

Een van die kwessies waaroor hulle verskil het, is dat Myeni wou hê die SAL moet die roete tussen Johannesburg en Moembai in Indië kanselleer. “Ek dink nie Malusi wou ’n opdrag gegee word oor die roete nie,” volgens Mngoma.

Sy het getuig Gigaba is wel later teruggeskuif na binnelandse sake.

• Mngoma het laataand gekla dat sy gevrees het vir haar lewe toe sy ’n beëdigde verklaring vir die kommissie onderteken het. Sy het gesê sy was onder druk en daar was gerugte van iemand wat vermoor is.

Die media het haar gebel en gevra wat staan in die verklaring. Sy wou nie ’n afskrif van haar verklaring by haar hou nie, want sy het gedink dit gaan haar lewe nog verder bedreig.

Adv. Mpati Qofa, Mngoma se regsverteenwoordiger, het vroeër die aand aangevoer Mngoma was nog die hele tyd bereid om met die kommissie saam te werk. Haar samewerking met die kommissie is vir haar traumaties in ’n tyd dat haar huwelik met Gigaba uitmekaar val.

Qofa het aangevoer die kommissie het aangedui Mngoma se vrese oor haar veiligheid sou ondersoek word, maar sy is nie daaroor gekontak nie.

Meer oor:  Dudu Myeni  |  Norma Mngoma  |  Malusi Gigaba  |  Johannesburg  |  Wittebrood  |  Zondo-Kommissie  |  Staatskaping  |  Troue
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.