Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Gigaba moet verduidelik oor burgerskap vir Guptas

Malusi Gigaba, minister van binnelandse sake, moet volgende week voor die parlementêre portefeuljekomitee oor binnelandse sake verskyn in verband met die ondersoek na die verkryging van burgerskap deur lede van die Gupta-familie.

Drie dae volgende week, van Woensdag tot Vrydag, is spesifiek deur die komitee opsygesit om na die Gupta-burgerskapkwessie te kyk.

Hlomani Chauke, voorsitter van die komitee, het Dinsdag gesê dat sowel die LUR as die hoof vir die departement van sportontwikkeling en ontwikkeling in Noordwes, geroep gaan word om voor die komitee te verskyn.

Verder sal Gigaba, Mkuseli Apleni, voormalige direkteur-generaal van binnelandse sake, en GC Christians, nog ’n voormalige werknemer van binnelandse sake, voor die komitee verskyn.

“Hierdie aangeleentheid was vir te lank in die openbare domein sonder dat daar enige gevolgtrekking bereik is. Die komitee wil nou finaliteit daarmee bereik,” het Chauke gesê.

Meer oor:  Guptas  |  Malusi Gigaba
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.