Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Gigaba skuld parlement antwoorde oor Guptas

’n Volle parlementêre ondersoek sal bepaal of Malusi Gigaba, minister van binnelandse sake, gelieg het oor die vroeë naturalisasie van die voortvlugtende Gupta-familie.

ANC- en opposisie-LP’s in die portefeuljekomitee oor binnelandse sake was Dinsdag dit eens dat ’n parlementêre ondersoek die enigste wyse is om presies te bepaal wat in daardie proses gebeur het.

Malusi GigabaFoto: Felix Dlangamandla

Dié besluit kom nadat ’n storm vroeër vandeesmaand om Gigaba se kop gewoed het nadat hy eers aan joernaliste in Kaapstad gesê het dat Ajay en Atul Gupta nie Suid-Afrikaanse burgers is nie.

Dit het kort daarna bekend geword dat Atul volgens die Onafhanklike Verkiesingskommissie se webtuiste wel as ’n Suid-Afrikaanse kieser geregistreer is.

Mkuseli Apleni, direkteur-generaal van binnelandse sake, moes kort daarna die vure doodslaan deur aan te kondig dat Ajay nie ’n Suid-Afrikaanse burger is nie, maar dat vier ander lede van sy gesin wel deur naturalisasie Suid-Afrikaanse burgers geword het.

Permanente verblyfreg is wel aan Ajay toegestaan omdat hy nie van sy Indiese burgerskap wou afstand doen nie.

Maesela Kekana, ANC-LP, het Dinsdag in die portefeuljekomitee se sitting die parlementêre ondersoek voorgestel omdat “dit tyd is dat daar beslissend met hierdie aangeleentheid gehandel moet word”.

“Omdat daar verdraaide weergawes hier ter sprake is, glo ek dat daar ’n saak is wat beantwoord moet word.”

Volgens Kekana is Gigaba antwoorde hieroor aan die parlement verskuldig. “Ons is nie hier as lofsangers nie, maar as LP’s wat hul werk moet doen.”

Ons moet ondersoek instel hoe hierdie familie, wat net so arm soos ek was toe hulle in Suid-Afrika aangekom het, burgers geword en hulself hier verryk het.

Patrick Chauke, nog ’n ANC-LP, sê die ondersoek moet bepaal of die Guptas Suid-Afrikaanse burgers is of nie.

“Hulle is nou voortvlugtiges. As hulle Suid-Afrikaanse burgers is, moet Suid-Afrika die reg hê om hulle te gaan soek en hulle terug te bring.”

Hlengiwe Mkhaliphi, EFF-LP, sê “ons wil weet wat gebeur het met hierdie familie wat nou voortvlugtiges is”.

“Ons sal die publiek faal as daar nie ’n volle parlementêre ondersoek is nie. Daar was teenstrydighede hieroor van (Gigaba) se kant af. Daar heers nou verwarring hieroor.

“Ons moet ondersoek instel hoe hierdie familie, wat net so arm soos ek was toe hulle in Suid-Afrika aangekom het, burgers geword en hulself hier verryk het.”

Donald Gumede, waarnemende voorsitter van die portefeuljekomitee, sê die vereiste parlementêre prosesse vir die ondersoek sal gevolg word en dat dit ná die Paasreses deur die komitee opgeneem sal word.

Archibold Figlan, DA-LP, sê Gigaba het vroeër aan die portefeuljekomitee gesê dat Ajay nie ’n Suid-Afrikaanse burger is nie.

“Selfs Indië erken nou dat die Guptas nie hul burgers is nie. Dit wys net daardie familie was hier om Suid-Afrika te laat inplof. Ons moet hierdie ding deeglik ondersoek.”

Haniff Hoosen, DA-LP, het aan die komitee gesê dat nie een van die Guptas se aansoeke om burgerskap, soos vereis word, aan die parlement verklaar is nie.

Hy het versoek dat die departement van binnelandse sake ook alle ondersteunende dokumente aan die komitee beskikbaar stel sodat dit deeglik ondersoek kan word.

“Ons wil bepaal of enige voorkeurbehandeling aan die Guptas gegee is deur Gigaba of (Apleni).”

Donald Gumede, waarnemende voorsitter van die portefeuljekomitee, sê die vereiste parlementêre prosesse vir die ondersoek sal gevolg word en dat dit ná die Paasreses deur die komitee opgeneem sal word.

Meer oor:  Guptas  |  Malusi Gigaba  |  Ondersoek  |  Politiek  |  Parlement  |  Voortvlugtig
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.