Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Godi van APC sy pos as LP en Skoor-voorsitter kwyt

Themba Godi, wat feitlik ’n parlementêre instelling was, gaan vir die eerste keer in jare nie onder die 400 LP’s van die Nasionale Vergadering (NV) wees wat aanstaande week ingehuldig word nie.

Die African People’s Convention (APC), waarvan Godi die leier is, het nie verlede week genoeg stemme in die algemene verkiesing gewen om vir hom ’n setel in die parlement te verseker nie.

Themba Godi. Foto: Jaco Marais

Godi was die afgelope 14 jaar die voorsitter van die parlementêre staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor). Die tradisie is dat die voorsitter van dié komitee altyd ’n LP van ’n opposisieparty is.

Hy was ’n lid van die PAC voordat hy die APC in 2007 gestig het.

Hy het Dinsdag op Twitter almal bedank wat hom ondersteun het in sy termyn as Skoor-voorsitter.

Talle mense, insluitend mede-LP’s, het hom in reaksie op sy twiet bedank vir sy rol in dié posisie en hom voorspoed toegewens.

Hy het Dinsdag by navraag gesê die feit dat hy nie as LP gaan terugkeer nie “is ’n nuwe situasie vir die party en vir my as persoon”.

Hy het gesê die APC verteenwoordig die Afrika-agenda, wat hy sal najaag, hetsy hy in die parlement is of nie.

Hy beskou die verkiesingsuitslag as ’n “tydelike terugslag.

“Ek sal in 2024 terug wees in die parlement. Ons party vergader die komende naweek om die verkiesingsuitslae te ontleed. Ons eerste hekkie is die munisipale verkiesing in 2021. Ons het tans 15 raadslede – dit is net in die Noord-Kaap en die Wes-Kaap waar ons nie raadslede het nie.”

Hy is tans besig om sy toekoms buite die parlement te beplan, maar hy het geen voorneme om by ’n ander party aan te sluit nie.

Meer oor:  Nasionale Vergadering (Nv)  |  Skoor  |  Themba Godi  |  Anc  |  Politiek  |  Voorsitter  |  Lp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.