Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Goeie nuus vir SA, sê Kriegler oor NVG-besluit

Die besluit van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) om die klagte teen drie voormalige werknemers van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) terug te trek, is goeie nuus vir die land en die reg, sê die organisasie Freedom Under Law.

Ivan Pillay, Andries Janse van Rensburg en Johann van Loggerenberg is daarvan beskuldig dat hulle ’n sogenaamde rogue-eenheid in die SAID bedryf het.

Die NVG het die aankondiging daaroor Vrydagaand in ’n verklaring gedoen.

Regter Johan Kriegler, voorsitter van die Freedom Under Law, het adv. Shamila Batohi, direkteur-generaal van die NVG, se besluit Saterdag in ’n verklaring verwelkom.

Kriegler sê dit is goed dat Pillay en sy medebeskuldigdes se naam in ere herstel is.

Hy meen die besluit is slegte nuus vir die molle van Tom Moyane, voormalige hoof van die SAID, wat nog daar skuil asook hul bondgenoot, die openbare beskermer.

Kriegler sê die NVG-verklaring is nugter en eerlik en bevat insiggewende besonderhede. Die styl en toon staan skerp in kontras met verklarings van Batohi se voorganger.

Kriegler hoop die mense in die NVG wat die vals klagte teen die drie mans begin en aangeblaas het, word vinnig geïdentifiseer en dat daar gou met hulle ’n plan gemaak sal word.

Regter Johan Kriegler Foto: Argief
Meer oor:  Ivan Pillay
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.