Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Gordel stywer oor duur ampsmotors, oorsese reise

Nuwe maatreëls oor die amptelike motors vir lede van die uitvoerende gesag asook ’n beperking op internasionale reise vir ministeriële gades is glo ná die verkiesing op pad.

Ayanda Dlodlo, minister van staatsdiens en administrasie, het luidens Sunday Times in ’n onderhoud gesê die tesourie sal in die vervolg in beheer wees van die aankoop van nuwe motors vir ministers, adjunkministers, LUR’e en premiers.

Die tesourie gaan glo saam met die departement van polisie werk om te bepaal watter motors gepas en veilig is vir amptelike gebruik. Die doelwit is om politici daarvan te weerhou om duur motors aan te skaf.

Ayanda Dlodlo, minister van staatsdiens en administrasie, op ’n vorige geleentheid. Foto: Kopano Tlape

Miljoene rande is reeds deur die belastingbetaler opgedok vir duur, luukse amptelike motors vir ministers en adjunkministers, het vroeër uit antwoorde op parlementêre vrae geblyk.

Internasionale reise vir die gades van ministers en adjunkministers wat tot dusver onbeperk was, sal luidens die berig ook tot twee per jaar beperk word.

Dlodlo het twee weke gelede in vraetyd in die Nasionale Vergadering aangedui dat sy wysigings aan die ministeriële handboek voorgestel het en dat pres. Cyril Ramaphosa die gewysigde weergawe teruggestuur het. Hy het volgens haar gevra dat die werk waarmee die departement tans besig is – wat onder meer te doen het met die hersamestelling van die staatsdiens – daarby ingevoeg word.

Voordele ten opsigte van die ampswonings, ampsmotors, reise en ondersteuningspersoneel vir lede van die uitvoerende gesag en sommige lede van hul gesinne word onder meer in dié dokument uiteengesit.

Dlodlo het vroeër gesê die wysigings van die handboek hou onder meer verband met lugvervoer, die aanskaf van amptelike motors, voorsiening vir lede met spesiale behoeftes weens gestremdhede, ondersteuningspersoneel, koste wat met oorsese reise verband hou, die gebruik van amptelike en private wonings en die verpligtinge van die staat in dié verband.

Die ministeriële woordvoerder kon nie Sondag vir kommentaar bereik word nie.

Meer oor:  Ayanda Dlodlo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.