Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Gordhan by integriteits-kommissie verkla

’n Klag is teen Pravin Gordhan, die voormalige minister van openbare ondernemings, by die ANC se integriteitskomitee ingedien.

Dit volg ná die verslag van adv. Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer (OB), waarin sy onder meer bevind het Gordhan het ongrondwetlik opgetree toe hy in 2010 die vervroegde aftrede van Ivan Pillay, voormalige adjunkkommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), goedgekeur het.

Phapano Phasha, politieke kommentator en ANC-lid, het die klagte teen Gordhan by die voorsitter van die integriteitskomitee, George Mashamba, ingedien.

Hy eis dat Gordhan voor die komitee moet verskyn en eers die bevinding in die verslag moet opklaar voordat hy in enige regeringsamp dien.

“Die komitee moet Gordhan vra om geen amp of pligte te aanvaar voordat hy nie sy naam in ere herstel het nie. Dit is net konsekwent, as na ander partylede soos David Mabuza (die voormalige adjunkpresident) en Malusi Gigaba gekyk word.”

Gordhan het Dinsdag ’n dringende hersieningsaansoek teen die OB by die hooggeregshof in Pretoria ingedien en vra dat die hof Mkhwebane se verslag dringend hersien en tersyde stel.

Netwerk24 het ook verneem dat Zizi Kodwa, hoof van die presidensie, Maandagaand voor die komitee verskyn het weens ’n bewering dat hy ’n vrou verlede jaar op ’n private geselligheid verkrag het. Die vrou het sedertdien die klag teen Kodwa teruggetrek en hy is nie aangekla nie.

Mabuza en Gwede Mantashe, ANC-voorsitter, het ook verlede week voor die komitee verskyn.

Meer oor:  Pravin Gor­Dhan  |  Anc  |  Klagte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.