Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Gordhan het wel graad in ’73 behaal

Die Universiteit van KwaZulu-Natal het Maandag bevestig Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het in 1973 ’n graad in aptekerswese behaal.

’n Twiet deur Africa Check, gedateer 2016, het Maandag weer die rondtes begin doen en ’n opskudding veroorsaak. Die twiet het oor Gordhan se kwalifikasies gespekuleer.

Ashton Bodrick, uitvoerende direkteur van korporatiewe verhoudinge van die universiteit, het bevestig Gordhan het sy Baccalaureus-graad in 1973 behaal, gevolg deur ’n eredoktorsgraad in 2003 en die konvokasietoekenning in 2013.

Gordhan se kwalifikasies is in 2016 in twyfel getrek nadat daar aanspraak gemaak is dat Des van Rooyen, die destydse minister van finansies wat dié pos slegs ’n paar dae beklee het, die bes gekwalifiseerde persoon nog in die portefeulje van finansies was.

Van Rooyen is destyds deur oudpres. Jacob Zuma as minister van finansies aangestel.

Meer oor:  Africa Check  |  Pravin Gordhan  |  Politiek  |  Graad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.