Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Gordhan hou vol Moyane was by staatskaping betrokke

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, hou vol dat Tom Moyane, voormalige kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), by staatskaping betrokke was.

Gordhan het voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping gesê hy het bewyse daarvoor, as dit alles gesamentlik binne die konteks van staatskaping beskou word.

Adv. Dali Mpofu SC, Moyane se regsverteenwoordiger, het Maandag tydens kruisondervraging herhaaldelik vir Gordhan gevra watter bewyse hy het om sy bewerings te staaf.

“Sou jy saamstem dat as jy onder eed iemand van staatskaping beskuldig, wat baie ernstig is, beter jy bewyse daarvoor hê?” het Mpofu gevra.

Gordhan was destyds die minister van finansies.

Moyane is in 2018 deur pres. Cyril Ramaphosa as hoof van die SAID in die pad gesteek op aanbeveling van die Nugent-kommissie wat onder meer bevind het dat Moyane minstens roekeloos opgetree het in sy termyn toe hy die SAID geherstruktureer het.

Ek glo Moyane se persoonlike doelwitte toe hy kommissaris van die SAID was, was om staatskaping te bevorder.

Adjunkhoofregter Raymond Zondo, voorsitter van die kommissie, het Moyane vroeër toestemming gegee om Gordhan te kruisondervra nadat Gordhan beweer het dat Moyane by staatskaping betrokke was.

“Ek glo Moyane se persoonlike doelwitte toe hy kommissaris van die SAID was, was om staatskaping te bevorder,” het Gordhan Maandag gesê.

Mpofu het ’n transkripsie van ’n destydse telefoongesprek tussen Moyane en Gordhan in 2015 voorgelees waarvolgens Gordhan onder meer vir Moyane daarvan beskuldig dat hy “elke dag met die Valke saamwerk”.

Gordhan het gesê hy het destyds inligting ontvang dat Moyane in “koffiewinkels” met die Valke vergader het en dat daar saamgesweer is.

Mpofu het toe vir Gordhan daarvan beskuldig dat hy bewerings maak op grond van skinderstories, en het gevra hoe die kommissie op Gordhan se getuienis kan staatmaak as dit nie op bewyse gegrond is nie.

In reaksie hierop het Gordhan gesê mense moet wel sy getuienis oor staatskaping ernstig opneem omrede die Nugent-kommissie sy getuienis versterk.

“Ek stel my voor dat wanneer die kommissie sy bevindings maak, sal die kolletjies met mekaar verbind word, en my kolletjie is slegs een beskeie deel daarvan.”

Volgens Gordhan het hy as minister van openbare ondernemings ’n patroon van staatskaping by staatsondernemings opgemerk.

Die doel van staatskaping is glo om staatsinstellings te beheer, die instelling te herstruktureer en om die betrokkenes te beskerm deur aanspreeklikheid te ontduik.

In Suid-Afrika, spesifiek, het Gordhan gesê, was die tesourie en die verkrygingsafdelings van staatsinstellings in die visier.

“Moyane het geen aanspreeklikheid en deursigtigheid toegelaat nie, en wou ook geen ondersoeke oor die bewerings in die organisasie duld nie.”

Volgens Gordhan het die SAID in Moyane se termyn agteruitgeboer en is noodsaaklike instellings tot in die afgrond in bestuur.

Moyane het geen aanspreeklikheid en deursigtigheid toegelaat nie, en wou ook geen ondersoeke oor die bewerings in die organisasie duld nie.

Moyane het destyds ook klagte by die polisie ingedien oor die “rogue unit”, wat volgens Gordhan daartoe gelei het dat die Valke 27 vrae daaroor aan hom gestuur het.

“Die saaknommer op die Valke-dokument was dieselfde as die saaknommer van meneer Moyane se klag wat by die Brooklyn-polisiekantoor ingedien is,” het Gordhan gesê.

Gordhan het sy standpunt verdedig dat staatskaping wel plaasgevind het, nadat Mpofu onder meer daarna as ’n “Suid-Afrikaanse begrip” verwys het.

Om sy punt verder te staaf, het Gordhan verwys na die ondersoekende joernaliste wat met die “Gupta Leaks”-ondersoek die “bande tussen mense ontbloot het”.

Hy het ook verwys na die destydse verskynsel dat regeringslui wat hulle teen staatskaping verset het, uitgewerk is en ook na al die kabinetskommelinge in die termyn van oudpres. Jacob Zuma.

Gordhan het ook klem geplaas op die Britse reklameagentskap Bell Pottinger, wat glo deur die Guptas genader is om hul beeld te poets en die term “witmonopoliekapitaal” geskep het om rassespanning in Suid-Afrika aan te blaas om aandag van die Gupta-familie af te lei.

Meer oor:  Pravin Gordhan  |  Tom Moyane  |  Dali Mpofu  |  Staatskaping  |  Zondo-Kommissie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.