Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Gordhan kap terug: 'OB kry heeltyd feite verkeerd'

Adv. Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer (OB), het met haar jongste verslag gewys sy hou aan om haar feite verkeerd te kry, sy vertolk die wet verkeerd en is duidelik bevooroordeeld, sê minister Pravin Gordhan.

Hy het laat Vrydagmiddag in ’n verklaring gesê hy sal die verslag wat Mkhwebane vroeër in die dag op ’n mediakonferensie in Pretoria bekend gemaak het op hersiening neem.

Pravin Gordhan

Gordhan, wat die kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) was toe die SAID se afsonderlike intelligensie-eenheid volgens die OB onwettig gestig is, sê die Grondwet vereis dat die OB onafhanklik, onpartydig, waardig en doeltreffend moet wees. Tot nou toe het sy hierin misluk.

“Dit is nou moontlik om die OB se ondersoek, verslag en remediërende voorstelle deur die hof te laat hersien.”

Gordhan sê hy het sy prokureurs opdrag gegee om dit op ’n dringende grondslag te doen. Meer besonderhede sal volgende week hieroor bekend gemaak word.

Die minister sê hy is daartoe verbind om die Grondwet en die oppergesag van die wet te verdedig. Hy en sy regspan het nog geen korrespondensie van die OB oor haar bevindinge ontvang nie.

Ivan Pillay, wat saam met Gordhan onder meer daarvan beskuldig word dat hulle die Grondwet oortree het met die instelling van ’n geheime “spioenasiediens” in die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), sê hoewel hy nog nie die OB se verslag ontvang nie, sal hy dit ook op hersiening neem.

Pillay sê luidens ’n verklaring van Werksmans-prokureurs, sy regsverteenwoordigers, die OB se bevindinge is “feitelik en wetlik foutief”. Werksmans sê die bevindinge wys dat geen of baie min ondersoek na die saak deur Mkhwebane gedoen is. Van die bevindinge wys ook daar is by die OB ’n gebrek aan kennis oor die werksaamhede van die SAID as ’n instelling.

“Van die bevindinge is bloot vals. Daar is duidelik waninligting aan die OB verskaf.”

Werksmans sê sodra hulle en Pillay die geleentheid gehad het om die verslag behoorlik te bestudeer sal hulle met regstappe begin.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.