Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Gordhan speel hardekoejawel, sê OB

Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer, het Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, en sy regsman, Tebogo Malatji, Donderdag van inmenging by haar ondersoek na die sogenaamde “rogue”-eenheid binne die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) beskuldig.

Sy het gedurende ’n verdaging in die verrigtinge van die openbare verhore na die Estina-suiwelprojek in Vrede gesê dat Gordhan hardekoejawel met betrekking tot haar ondersoek speel.

Ons het te doen met ministers, parlementslede en selfs die president, maar inligting en selfs briewe word na die media gestuur.

“Dit is verontrustend dat ons nou ’n minister het wat heeltyd media toe hardloop asof ons hom teiken of teister – ek sal nooit so iets doen nie. Dié proses is om hom te help om sy naam in ere te herstel,” het sy gesê.

“Selfs die optrede van die prokureur is baie verontrustend omdat ’n mens nie so optree nie. Geen persoon moet hom ooit by die werk van die openbare beskermer inmeng nie, en ek het probeer om hulle die ruimte te bied en die kwessie weg van die openbare domein of die media te ondersoek.

“Ons het te doen met ministers, parlementslede en selfs die president, maar inligting en selfs briewe word na die media gestuur. Ek beskou dit as inmenging by die ondersoek en ek het aan die minister geskryf om dié besware te opper.”

Die OB ondersoek bewerings van onbehoorlike optrede, die oortreding van die uitvoerende etiese kode en onwettige optrede deur Gordhan.

Gordhan het Mkhwebane vroeër vandeesweek gevra om besonderhede te verskaf oor die omstandighede waarop sy steun om die beweerde “rogue”-eenheid in die SAID te ondersoek.

“Ek wil die feite stel dat ons die ondersoek doen om sy naam skoon te kry en ons wil hê hy moet ons help en in dié geval doen hulle nie die ondersoek nie. So ons kan nie net versoek word om dokumentasie en bewyse te verskaf nie.”

Malatji het gesê hy sal Mkhwebane se reaksie bestudeer en Gordhan daarna adviseer om te reageer of nie.

“In dié stadium is dit nie die moeite werd om te reageer nie.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.