Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Gordhan vra interdik teen OB se aanbevole stappe

Die regspan van Pravin Gordhan, destydse kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) en tans minister van openbare ondernemings, het Woensdag ’n aansoek ingedien vir ’n interdik teen die implementering van die remediërende stappe wat adv. Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer (OB), in haar bevindinge in ’n verslag aanbeveel.

In die dringende aansoek wat by die hooggeregshof in Pretoria ingedien is, vra Gordhan ook dat die OB se verslag hersien en tersyde gestel word en dat dit onwettig, ongrondwetlik, irrasioneel en ongeldig verklaar word.

Volgens Tebogo Malatji, Gordhan se regsverteenwoordiger, is die aansoek op die volgende aspekte gegrond:

  • Ingevolge die Wet op die Openbare Beskermer moet die OB die “spesiale omstandighede” regverdig om enige klag oor gebeurtenisse of gedrag te ondersoek wat ouer as twee jaar is. Ondanks herhaaldelike versoeke vir ’n verduideliking wat die “spesiale omstandighede” vir haar ondersoek is, wat so ver terug as 2007 strek, is dit nog nie voorsien nie.
  • Die OB verstaan die wet verkeerd om tot ’n voorafbepaalde slotsom te kom wat die magte van die intelligensiedienste betref. Daar is geen wetlike beletsel teen die SAID om ’n ondersoekeenheid op die been te bring om die belastingimplikasies van georganiseerde misdaad en onwettige handel, soos sigaretsmokkelary, te hanteer nie. Trouens, hierdie kapasiteit word heringestel danksy die bevindinge en aanbevelings van die Nugent-kommissie van ondersoek.
  • Die OB se verslag ignoreer die feite en hul belang om bevindinge te maak oor die vestiging van die SAID-ondersoekeenheid. Dit sluit in die gediskrediteerde Sikhakhane-paneel se verslag en sy foutiewe wetlike redenering, die Sunday Times se verskoning in April 2016 rakende sy verslaggewing oor die SAID-eenheid, regter Kroon se verskoning aan die lede van die eenheid omdat die kwessies nie ondersoek is nie en verkeerde bevindinge gemaak is, KPMG se onttrekking van sy verslag en die terugbetaling van die geld wat dit verdien het.
  • Die OB se verkeerde toepassing van die bepalings van die Grondwet en toepaslike wetgewing wanneer nadelige bevindinge gemaak word. Byvoorbeeld, hoofstuk 209 van die Grondwet reguleer die vestiging van intelligensiedienste. Dit verhinder nie die SAID om ’n ondersoekeenheid te stig nie.
Meer oor:  Busisiwe Mkhwebane  |  Pravin Gordhan  |  Interdik
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.