Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Gordhan wil haar laat verwyder, sê OB

Die kantoor van die Openbare Beskermer (OB) Busisiwe Mkhwebane het teruggekap oor Pravin Gordhan, minister van openbare werke, se poging om die remediërende stappe teen hom te laat hersien.

Mkhwebane se kantoor meen Gordhan is gegrief en hy probeer verantwoordelikheid ontglip vir sy “onwettige optrede”.

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings.

Die OB het in haar verslag versoek dat daar stappe teen Gordhan gedoen word oor die pensioenuitbetaling van Ivan Pillay, voormalige adjunkhoof van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID).

Sy het bevind dat ’n vroeë uitbetaling van Pillay se pensioen, toe Gordhan nog minister van finansies was, onreëlmatig was.

Mkhwebane het Maandag ’n verklaring ingedien teen Gordhan wat haar bevindinge betwis en sê hy het vir die parlement gelieg oor sy ontmoeting met die Gupta-familie, wat glo betrokke was met die stigting van die geheime eenheid in die SAID toe Gordhan nog hoof van die SAID was.

Mkhwebane meen Gordhan wil haar bevinding gebruik om aan te dui dat sy staatskaping aanhelp en meen daar is geen bewyse om hierdie aantygings te staaf nie.

Sy sê Gordhan wil haar uit haar kantoor laat verwyder met die aantygings wat hy teen haar maak.

Gordhan se aantygings dat sy haar mag misbruik en korrupsie laat seëvier het, is in kwade trou gemaak.

Sy het ook vroeër die maand aangekondig dat pres. Cyril Ramaphosa teen Gordhan moet optree en het Ramaphosa daarvan beskuldig dat hy die Grondwet minag omdat hy nie optree nie.

Ramaphosa het intussen, volgens die Mail & Guardian, sy eie hofdokumente teen die OB ingedien om te vra dat die hof bevind dat hy gehoor gegee het aan haar versoek om stappe teen Gordhan te doen.

Ramaphosa sê glo in sy verslag dat die OB optrede aan sy diskresie oorgelaat het. Hy het besluit om te wag totdat Gordhan en Mkhwebane se hofstryd afgehandel is.

Meer oor:  Busiswe Mkhwebane  |  Pravin Gordhan  |  Ob
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.