Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Gratis hoër onderwys ‘in fases ingestel’

Die historiese besluit om gratis hoër onderwys en opleiding vir kinders uit huishoudings met ’n gesamentlike jaarlikse inkomste van minder as R350 000 te bied, sal van 2018 af in fases in werking gestel word om die volhoubaarheid van die regering se finansies en die radikale uitbreiding van toegang tot onderwys te verseker.

Adj.pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Daily Sun

Adj.pres. Cyril Ramaphosa het Saterdag só in Oos-Londen gesê toe hy sy heel eerste 8 Januarie-rede as ANC-president gelewer het.

Volgens Ramaphosa is gratis hoër onderwys en opleiding noodsaaklik vir die uitbreiding van ekonomiese geleenthede.

“Dit sal in werking gestel word deur volle beurse vir studies en studiemateriaal aan kwalifiserende Suid-Afrikaanse studente by openbare TVET-kolleges en universiteite, asook gesubsidieerde verblyf en vervoer vir eerstejaarstudente in 2018.

“Terugkerende universiteitstudente wat deur NSFAS gefinansier word, se lenings sal vanaf 2018 ook in volle beurse omskep word.

“Dié historiese besluit, wat voortvloei uit baie dekades se struggle vir gratis onderwys vir die armes, sal in fases in werking gestel word om volhoubaarheid vir die regering se finansies en die radikale uitbreiding van toegang tot onderwys te verseker,” het Ramaphosa gesê.

Hy het bygevoeg dat dit noodsaaklik is om te verseker dat arm studente die nodige vaardighede kan kry om deel te neem aan die ekonomie.

“Dit sal ons in staat stel om ons ekonomie te kan moderniseer, die benutting van ons natuurlike hulpbronne te verbeter en om ons werksmag vir die vierde nywerheidsrevolusie voor te berei.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.