Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Grawe Mugabe se oorskot op, beveel hoofman

Oudpres. Robert Mugabe se vrou, Grace, is met vyf beeste en ’n bok beboet omdat sy Mugabe in 2019 in die binnehof by sy huis in die platteland laat begrawe het.

Hoofman Zvimba het Donderdag gedurende ’n tradisionele hofsitting gesê hy het ’n klagte van ’n lid van die Mugabe-familie oor Mugabe se finale “rusplek” ontvang.

Hy het Maandag beveel dat Mugabe se oorskot opgegrawe en herbegrawe moet word nadat Grace glo die plaaslike tradisie verbreek het deur Mugabe in sy geboortedorp, Kutama, te begrawe.

Oudpres. Robert Mugabe van Zimbabwe in 2014 saam met sy vrou, Grace. Foto: Reuters

Hoofman Zvimba het bevind Mugabe moet in die heldeakker in Harare begrawe word, nadat daar aanvanklik reeds in 2019 probleme rondom Mugabe se finale rusplek was.

Mugabe is in 2017 in ’n staatsgreep uit die kussings gelig en met pres. Emmerson Mnangagwa vervang.

Mnangagwa se regering het in 2019, ná Mugabe se dood, voorgestel dat hy in die heldeakker begrawe word.

Die hoofman het Grace, wat nie die hofverrigtinge bygewoon het nie, Maandag met vyf beeste en ’n bok beboet omdat sy tradisionele norme rondom Mugabe se laaste rusplek verbreek het.

Volgens die hoofman se bevinding moet “diegene wat volgens wet gemagtig is, Mugabe se oorskot opgrawe en dit in die heldeakker herbegrawe”.

Grace Mugabe in 2019 op die begrafnisdiens van oudpres. Robert Mugabe van Zimbabwe. Foto: Reuters

Leo Mugabe, woordvoerder van die Mugabe-familie, het dié bevinding onmiddellik verwerp.

“Hy (die hoofman) het nie jurisdiksie oor Kutama nie. En selfs as die regte hoofman die bevinding gemaak het, sou ons daarteen geappelleer het,” het hy aan Reuters gesê.

Hoofmanne in Zimbabwe het jurisdiksie oor hul plaaslike gebiede, maar dit is baie seldsaam dat hulle families beveel om oorskotte op te grawe en te herbegrawe.

Die hoofman se bevinding mag moontlik weer ’n stryery oor Mugabe se finale rusplek ontketen, juis omdat Mnangagwa voorgestel het dat Mugabe in die heldeakker begrawe word.

Die Mugabe-familie was gekant daarteen omdat hulle gevrees het dat sommige van die mense wat hom uit die kussings gelig het moontlik van sy liggaamsdele vir tradisionele rituele wil gebruik. Reuters


Meer oor:  Robert Mugabe  |  Grace Mugabe  |  Zimbabwe  |  Begrawe  |  Beboet  |  Bok  |  Beeste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.