Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Grond 23 j. ná onteiening nog nie aan begunstigdes oorgedra

23 jaar nadat die eerste grondonteiening in Suid-Afrika plaasgevind het, is die plaas Pniël naby Kimberley nog nie aan die regmatige begunstigdes oorgedra nie.

Reinette Liebenberg, provinsiale woordvoerder vir die DA oor landbou, grondhervorming, landelike ontwikkeling en natuurbewaring in die Noord-Kaap, sê briewe wat vroeër aan dié departement gerig is, bly onbeantwoord.

Die party gaan die premier, Zamani Saul, en die nuwe LUR, Mase Manopole, nader om dringend in te gryp.

Liebenberg sê terwyl die debat oor grondonteiening sonder vergoeding voortduur, het dit aan die lig gekom dat die departement versuim het om die plaas Pniël, wat tussen Kimberley en Barkly-Wes geleë is, aan die regmatige begunstigdes oor te dra.

Die grondeis is in 1997 deur meer as 100 mense, wat tussen 1944 en 1970 deur middel van apartheidswetgewing kragdadig van Pniël verwyder is, ingevolge die Wet op die Herstel van Grondregte van 1994 ingestel.

Onenigheid oor die prys het daartoe gelei dat die regering die plaas onteien het.

In 2002 is die geldige eis deur die Kommissie op die Herstel van Grondregte ingedien en die Evangeliese Lutherse Kerk van Suid-Afrika, aan wie dit behoort het, was bereid om die plaas ten bate van die eisers aan die regering te verkoop.

Onenigheid oor die prys het daartoe gelei dat die regering die plaas onteien het.

Die grond wat vir meer as R64 miljoen gekoop is, moes aan die eisers van die Pniël-gemeenskap oorgedra word.

Die departement het geweier om die grond oor te dra en beperkinge op die Gemeenskaplike Eiendomsvereniging (GEV) voorgehou en ekonomiese aktiwiteite beperk.

Liebenberg sê die departement het die GEV met ’n hofsaak geteister wat nog nie afgehandel is nie.

“Dit is ondanks die feit dat die departement se verteenwoordigers meer as ’n jaar gelede aangedui het dat die skikkingsvoorstelle wat deur die GEV voorgelê is, voorlopig aanvaar is.”

Mense wat nie as eisers kwalifiseer nie, word deur die department aangemoedig en befonds wat tot verdere spanning tussen hulle en die wettige grondeienaars lei.

Die GEV is skriftelik deur die departement geadviseer dat die grond as staatsgrond beskou word en hulle dus geen reg het om gedeeltes daarvan te verhuur nie.

Die GEV is skriftelik deur die departement geadviseer dat die grond as staatsgrond beskou word en hulle dus geen reg het om gedeeltes daarvan te verhuur nie.

Selfs met dié beperkings het die GEV kommersiële aktiwiteite op die eiendom aangepak en suksesvol uitgevoer. Die departement was hierteen gekant.

Die GEV het daarin geslaag om dividende aan die begunstigdes te betaal, terwyl die departement minimale landbou-ondersteuning aan die regmatige eisers verleen het.

“Die onregverdige vertraging in die oordrag van eienaarskap was verwoestend vir die GEV en sy 100 begunstigdes.

“Dit is ’n bespotting van die proses van grondrestitusie en die regering se verbintenis tot die herverdeling van grond.”

Intussen is die werklike grondeisers besig om uit te sterf.

Liebenberg sê dié geval wys wat die land kan verwag as die ANC daarin slaag om artikel 25 van die Grondwet te wysig.

Meer oor:  Zamani Saul  |  Grondregte  |  Grondonteiening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.