Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Grond en Grondwet: Uitsluitsel eers ná eleksie

Suid-Afrikaners sal eers ná die Mei-verkiesing weet hoe die wetgewing sal lyk ingevolge waarvan art. 25 van die Grondwet ten opsigte van grondonteiening sonder vergoeding gewysig moet word.

Die parlementêre ad hoc-komitee wat met die opstel van hierdie wetgewing gemoeid is, het Woensdag sy laaste vergadering in die huidige parlementêre termyn gehou.

Die nasionale vergadering (NV) ontbind op 20 Maart in die lig van die nasionale en provinsiale verkiesings wat op 8 Mei plaasvind.

Die komitee is tot stand gebring nadat die ANC, die EFF, die UDM, die NFP, die AIC en die APC verlede jaar ten gunste van ’n mosie gestem het om die Grondwet te wysig om grondonteiening sonder vergoeding moontlik te maak. Opposisiepartye, waaronder die DA, die IVP, Cope, die VF-Plus en die ACDP, het daarteen gestem.

Die komitee wat op sy twee vergaderings onder meer voorleggings van die parlement se regsdienste en ander kenners ontvang het, het Woensdag ’n voorlopige verslag afgehandel wat volgende week aan die NV voorgelê sal word.

Die komitee onder leiding van Thoko Didiza beveel in sy verslag aan dat die werk van die komitee deur die nuwe parlement ná die verkiesing gehanteer moet word.

Die DA en die ACDP het aangedui dat hulle hul regte voorbehou wat betref oor of die kwessie na die volgende parlement moet vorder of nie.

Meer oor:  Verkiesing 2019  |  Grondonteiening  |  Grondwet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.