Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Grond: Paneel gee verslag aan Cyril

Die presidensiële raadgewende paneel oor grondhervorming en landbou het sy verslag Dinsdag aan pres. Cyril Ramaphosa en adj.pres. David Mabuza oorhandig, het die presidensie Dinsdag bevestig.

Die paneel, onder voorsitterskap van dr. Vuyo Mahlati, is in September 2018 aangewys om die interministeriële komitee oor grondhervorming, waarvan Mabuza die voorsitter is, by te staan.

Hulle is opdrag gegee om die interministeriële komitee raad te gee oor ’n wye reeks beleidskwessies in verband met grondhervorming, insluitend restitusie, herverdeling, sekerheid van verblyfreg en landbousteun.

Dit was ook die paneel se mandaat om modelle te hersien, navorsing te doen en met voorstelle te kom hoe om die ongeregtighede van die verlede reg te stel, landbouproduksie te verhoog, ekonomiese groei aan te moedig en voedselsekerheid te beskerm.

Ramaphosa het Mabuza, die komitee en alle lede van die raadgewende paneel vir hul harde werk oor agt maande bedank.

“Dié verslag is ’n belangrike stap vorentoe in ons poging om die erfsonde reg te stel deur oplossings te kry wat eie aan Suid-Afrika is, maar, nog belangriker, om ’n samelewing te bou waar almal in die rykdom van ons land kan deel.”

Die verslag van die raadgewende paneel sal aan die kabinet voorgelê word voordat dit openbaar gemaak word.

Bron: News24.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.