SPESIALE AANBOD: Betaal slegs R25 vir die eerste maand. Spring gou!
Politiek
Grond sál sonder vergoeding onteien word, sê Cyril

Grond in Suid-Afrika sál sonder vergoeding onteien word – of mense nou daarvan hou of nie, sê pres. Cyril Ramaphosa.

Hy was Dinsdagmiddag in Durban die hoofspreker op die ANC se amptelike viering van sy 107de bestaansjaar. Dit staan ook as die 8 Januarie-verklaring bekend.

Pres. Cyril Ramaphosa praat Dinsdag by die vierings. Foto: Felix Dlangamandla

Oudpres. Jacob Zuma was ook ’n eregas op die geleentheid by die Ohlange-instituut waar eerw. John Langalibalele Dube, die ANC se heel eerste president, begrawe is.

Ramaphosa het onder meer gesê sowat 10% van landbougrond is die afgelope 25 jaar deur middel van die regering se restitusie- en grondhervormingsprogramme aan swart mense gegee.

Volgens hom het die ANC op sy nasionale konferensie in Johannesburg in Desember 2017 egter die “monumentale” besluit geneem dat grond vinniger deur middel van onteiening sonder vergoeding aan die mense gegee moet word.

“Dit is ’n beleid wat ons sal implementeer, of mense nou daarvan hou of nie. Die grond sal aan die mense teruggegee word,” het die president onder luide applous gesê.

“Ons onderneem ook nou ’n nuwe fase van bespoedigde grondhervorming wat betekenisvol daartoe sal bydra om armoede veral in landelike gebiede te verminder, terwyl dit ook ons landbou-ekonomie sal laat groei en werkloosheid sal verminder. Dit sal ook aan swart Suid-Afrikaners die bates gee waarvan hulle al vir lank ontneem is,” het Ramaphosa gesê.

* Volg Netwerk24 vir meer hieroor.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.