Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Grond: Thuli en ander maak beswaar

Vooraanstaande akademici soos prof. Thuli Madonsela, voormalige openbare beskermer, het amptelik beswaar aangeteken teen die wysigingsproses van die Grondwet oor eiendomsreg en gewaarsku dat die hele proses in ’n hof uitgedaag kan word.

Ander akademici wat die beswaarskrif onderteken het, sluit in proff. Elmien du Plessis van die Noordwes-Universiteit, Danie Brand van die Universiteit van die Vrystaat en Juanita Pienaar, ’n waarnemende regter in die grond­eisehof.

Hulle is almal verbonde aan ’n leerstoel vir navorsing in eiendomsreg.

Du Plessis sê daar is, ten spyte van die ANC se haas, net ’n skraal kans dat die proses binnekort afgehandel sal word.

'Die konsepwet wat op 13 Desember gepubliseer is vir kommentaar, word nie deur ’n enkele party in die parlement gesteun nie – ook nie die regerende ANC nie. '

Die ANC probeer die proses verhaas om dit voor sy hoofraadsvergadering in Junie of Julie vanjaar af te handel.

“Die probleem is dat die openbaredeelnameproses vir die opstel van die beoogde wysingswetsontwerp gebrekkig is. Gemeenskappe wat direk deur die proses geraak word, is nie behoorlik geleentheid gegun om insette te lewer nie.

“Dit lyk asof die ANC nie uit vorige bloutjies leer nie. Organisasies soos Lamosa (Land Access Movement of South Africa) het reeds gehelp dat vorige wetsontwerpe soos die Wet op die Herstel van Grondregte (Wet 15 van 2014) in die konstitusionele hof nietig verklaar word omdat die openbaredeelnameproses nie behoorlik gevolg is nie,” sê sy.

“In die loop van daardie proses is min aandag gegee aan besware wat geopper is. Dit lyk asof dieselfde besig is om te gebeur in dié proses,” waarsku die regsgeleerdes.

Die sluitingsdatum vir skriftelike insette is Donderdag op ’n noodvergadering van die ad hoc-komitee in die parlement met ’n maand uitgestel tot einde Februarie.

Die akademici se beswaarskrif, wat grootliks gefinaliseer is, sal voor die spertyd ingehandig word.

Luidens hul voorlegging word die konsepwet wat op 13 Desember gepubliseer is vir kommentaar, nie deur ’n enkele party in die parlement gesteun nie – ook nie die regerende ANC nie. Dis omdat die ANC twee weke gelede op ’n lekgotla besluit het die uitvoerende gesag eerder as howe moet die vergoedingsbedrag vir onteiening bepaal.

Aangesien niemand dit ondersteun nie, is dit onmoontlik om sinvol kommentaar te lewer oor die wetsontwerp, sê Du Plessis.

Meer oor:  Elmien Du Plessis  |  Thuli Madonsela  |  Eiendomsreg  |  Onteiening  |  Grondwet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.