Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Grond: Uitdagings met wetsontwerp gepak

’n Wetsontwerp wat daarop gemik is om die beslegting van grondrestitusie, onteiening en verspreiding te versterk word in die vooruitsig gestel.

Ronald Lamola.
Ronald Lamola. Foto: Gallo Images

Die Wetsontwerp op Grondhowe vorm deel van ’n lys wetsontwerpe wat Ronald Lamola, nuwe minister van justisie en korrektiewe dienste, binnekort in die parlement ter tafel gaan lê.

“Deur die wetsontwerp wil ons aandag gee aan sommige van die uitdagings wat ervaar word met die huidige dispensasie van die grondeisehof insluitend die afwesigheid van permanente regters sowel as om sy jurisdiksie meer stroombelyn te maak ten opsigte van verskeie kwessies met betrekking tot grond,” het Lamola gesê.

Lamola het Woensdag vir die eerste keer in sy huidige amp ’n politieke oorsig aan die parlementêre portefeuljekomitee oor justisie en korrektiewe dienste gegee.

Hy het op vrae van LP’s oor die voorkoms van tydelike regters in die grondeisehof verduidelik dat die huidige dispensasie van dié hof ’n tydelike een was. Dit word bedryf op die grondslag dat regters van ander howe soontoe gesekondeer word. “Daar is geen permanente regters in terme van sy dispensasie nie. So een van die doelwitte van die Wetsontwerp op Grondhowe is om daardie permanensie te skep.”

Verskeie kompleksiteite ten opsigte van grondhervorming het ook kop uitgesteek sedert die totstandkoming van die grondeisehof wat aandag sal kry in die wetsontwerp.

Ook Nomfundo Gobodo, voorsitter van die kommissie vir die restitusie van grondeise, het Woensdag aan die portefeuljekomitee oor landbou, landelike ontwikkeling en grondhervorming, na die wetsontwerp wat op pad is, verwys.

Die teiken van die kommissie is om 637 grondeise in die 2019-’20-boekjaar te finaliseer.

Meer oor:  Ronald Lamola  |  Onteiening  |  Wetsontwerp  |  Grond
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.