Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Grondhervorming: 'Doeltreffende staat nodig'

Versnelde grondhervorming is slegs met ’n doeltreffende staatsdiens moontlik.

Dit is ook belangrik om die tempo waarin dit gedoen word, te balanseer met volhoubaarheid, sê Annelize Crosby, grondhoof van Agri SA.

’n Mielieland naby Fouriesburg in die Oos-Vrystaat.Foto: Sarel van der Walt

Haar kommentaar volg nadat pres. Cyril Ramaphosa Woensdag in sy hoedanigheid as ANC-president op die party se 108ste verjaardagviering in Kimberley gesê het die ANC sal ter ere van die struggle-held Sol Plaatje verseker dat grondonteiening bespoedig word.

Plaatje (1876-1932) was onder meer ’n onderwyser, hoftolk, skrywer, joernalis en eerste sekretaris van die ANC se voorloper, die South African Native National Congress (SANNC).

Hy het destyds na Londen gereis om die

Britse regering se steun te kry teen die Wet op Naturellegrond van 1913 wat swart mense hul eiendomsreg van grond ontneem het.

Oor die regering se planne om ’n nuwe webwerf te skep waar boere grond vir grondhervorming kan skep, sê Crosby korrupsie is ’n groot probleem met grondhervorming.

Die voorgestelde webblad en die paneel waarop rolspelers uit die private sektor ook verteenwoordig sal wees, kan help om die probleem aan te spreek.

Die ANC is vasgevang in sy irrasionele en emosionele konferensiebesluit (in 2017) oor onteiening sonder vergoeding.
Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA,

“Groter duidelikheid is nodig oor hoeveel nie-staatsamptenare op die paneel sal dien en hoe hulle gekies sal word. Wat die skenk van grond betref, sal ’n aanlynstelsel opsigself nie voldoende wees nie,” sê Crosby.

“Daar moet daadwerklike insentiewe geskep word. Agri SA het ook al gewaarsku dat daar nie groot verwagtinge rondom die skenk van grond geskep moet word nie.”

Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA, stem saam met Crosby dat grondhervorming wat nie volhoubaar is nie, min beteken.

Die land sal vanjaar baie “stroomversnellings ervaar weens ’n stotterende ANC wat nou enige iets denkbaar sal probeer doen om homself te red”, waarsku Van Zyl.

“Die ANC is vasgevang in sy irrasionele en emosionele konferensiebesluit (in 2017) oor onteiening sonder vergoeding,” sê hy.

TLU SA betreur dit volgens Van Zyl dat die regering “telkens met bepaalde benaderings tafel toe kom wat net nog verdere onsekerheid skep”.

“Wat dit nog erger maak is die feit dat verskeie organisasies soos ons oor tyd heen konstruktiewe voorstelle gedoen het oor hoe ons kan seker maak dat nuwe toetreders ’n billike kans op sukses sal hê, mits hulle natuurlik die verantwoordelikheid sal aanvaar van wat dit verg om ’n boer te wees.

“Telkens is hierdie voorstelle geïgnoreer. Vandag sit ons met grondoordrag wat nie werk nie.

“Om die minste te sê is dit verregaande om van boere te verwag dat hulle van hulle plaasgrond net moet weggee,” meen Van Zyl.

“Weinig boerderyeenhede se omvang is van so aard dat dit enigsins oorweeg kan word, want onmiddellik sit hulle daarna in ’n ekonomie van skaal-dilemma wat eie volhoubaarheid in gedrang sal bring,” sê Van Zyl.

Die regte ding wat die regering moet doen, is om die ekonomie te laat groei. Stabiliteit is nou broodnodig om beleggersvertroue te skep.

“Ons kan niks van ons land se omvangryke probleme oplos tensy die ekonomie nie groei nie. Die leuen oor die geskiedenis van grondbesit is al so baie vertel dat die ANC dit glo,” sê Van Zyl.

Meer oor:  Grondonteiening  |  Grondhervorming  |  Staatsdiens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.