Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Grond: ‘Kyk na Motlanthe se voorstelle’

Dit lyk of die ANC die voorstel oor grondhervorming in die verslag van oudpres. Kgalema Motlanthe se hoëvlakpaneel nie behoorlik in ag geneem het nie, toe die party op sy 54 ste nasionale konferensie besluit het op die onteiening van grond sonder vergoeding.

Só sê Yolisa Mfaise, regsadviseur van Agri SA, in ’n verklaring. Sy sê die eiendomsklousule in die Grondwet is voldoende om grondhervorming deur te voer.

Motlanthe het ’n taakspan, wat moes kyk na sleutelwetgewing en die bespoediging van fundamentele verandering, gelei. Die verslag is in November aan die parlement voorgelê, wat onder meer gebreke in beleid, die swak toepassing van bestaande wetgewing en korrupsie uitgelig het as van die vernaamste redes waarom grondhervorming nie behoorlik deurgevoer word nie.

Die paneel het gewaarsku teen onteiening sonder vergoeding om grondhervorming meer doeltreffend te maak en te versnel.

Volgens die paneel word daar net 0,4% van die begroting aan grondhervorming bestee, terwyl net 0,1% opsygesit word vir die herverspreiding van grond.

Om die resolusie van die ANC se Desember-konferensie uit te voer, sal art. 25 van die Grondwet verander moet word.

Die paneel het ook gewaarsku dié wat grond ontvang “word huurders van staatsgrond, pleks van grondeienaars”.

Kenners het daarop gewys dat die betaal van vergoeding aan dié wie se grond weggeneem word, was nie tot dusver die vernaamste beperking op grondhervorming nie.

’n Gebrek aan politieke wil, die gebrek aan opleiding en kapasiteit en afwykings in begrotings is ook as groot struikelblokke geïdentifiseer.

Mfaise sê in die verklaring AgriSA stem in die breë saam met die paneel se bevindinge.

Sy glo dit sal die regering baat om dit te oorweeg om eers die voorstelle van die Motlanthe-verslag in werking te stel.

Om die resolusie van die ANC se Desember-konferensie uit te voer, sal art. 25 van die Grondwet verander moet word.

“Soos sake nou staan, weet ons die ANC se resolusie het die steun van minstens twee ander partye.

“Hoewel dit die geval kan wees, beteken dit nie iets wat politiek sin maak, maak ekonomies, wetlik en grondwetlik sin nie,” sê Mfaise.

’n Oudit oor die verspreiding van grond landwyd is voltooi. Daaruit sal ons baie dinge wys kan word.
Cyril Ramaphosa

Die debat op die ANC-konferensie oor onteiening sonder vergoeding was ’n baie heftige een omdat daar nie eensgesindheid in die party hieroor is nie.

Adj.pres. Cyril Ramaphosa, die nuwe ANC-leier, het Sondagaand in ’n onderhoud met eNCA toegegee daar is baie emosies oor grond.

Aan die een kant is daar diegene wat grond verloor het en sekere aspirasies het, en aan die ander kant dié wat grond besit.

“Ek het vroeër al gesê ek wil ’n studie gedoen hê oor die grond wat sedert 1994 oorgedra is sodat ons weet waarmee ons te make het.

“ ’n Oudit oor die verspreiding van grond landwyd is voltooi. Daaruit sal ons baie dinge wys kan word,” het Ramaphosa gesê.

Hy het ook gesê ’n omvattende konferensie oor grondhervorming sal gehou word om te bepaal hoe die kwessie vorentoe hanteer moet word.

Meer oor:  Kgalema Motlanthe  |  Anc  |  Grondhervoming  |  Politiek  |  Agrisa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.