Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Grond-hervorming: R0,00 vir sekere eiendom van staat

Die waarde van sommige eiendom wat aan die staat behoort, het geen geldwaarde nie en is geskik vir grondhervorming, het die waardeerder-generaal besluit.

Vyf faktore is in ag geneem vir dié waardasies, het Christopher Gavor, uitvoerende hoof van die kantoor van die waardeerder-generaal, Woensdag aan die lede van die parlementêre portefeuljekomitee oor landelike ontwikkeling en grondhervorming gesê.

Dit is die geskiedenis van die aanskaffing van die eiendom, die markwaarde, die mate waartoe regeringsubsidies gebruik is vir die aanskaffing daarvan, en die huidige gebruik van die eiendom.

“Daar kan voorbeelde wees van eiendom in private besit waar die grond nie tans gebruik word nie. Die ekonomiese waarde van daardie eiendom sal nul wees,” het Gavor gesê.

Tot dusver is slegs staatseiendom as van geen geldwaarde verklaar.

Pumzile Justice Mnguni, ANC-LP, het gevra waarom slegs staatsgrond wat braak lê só beskou word en nie private eiendom ook nie.

Op die vraag oor of die waardeerder-generaal steeds relevant sal wees as grondonteiening sonder vergoeding as beleid aanvaar word, het Gavor gesê hulle sal steeds die waarde van grond moet bepaal, selfs al word dit onteien. Billike en regverdige waarde van grond moet steeds bepaal word.

  • Die Nasionale Raad van Provinsies het Woensdag die sperdatum vir die indiening van die grondwetlike hersieningskomitee se verslag tot 30 November uitgestel.
Meer oor:  Grondhervorming
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.