Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Grondkwessie raak ekonomie nie, sê Mabuza

Die grondonteieningsplanne in Suid-Afrika skrik beleggers nie af nie en kan nie verantwoordelik gehou word vir die huidige stand van die land se ekonomie nie, sê adj.pres. David Mabuza.

Hy het Woensdag vrae in die Nasionale Vergadering beantwoord en gesê daar is geen ander uitweg nie. Grond gaan onteien word.

Adj. pres. David Mabuza

“Maar soos ons al oor en oor gesê het, sal sit verantwoordelik gedoen word. Diegene wat grond het, moet aanvaar dat hulle dit beskikbaar moet stel. Só sal dit op ’n baie vriendelike manier gebeur.”

Die regering sal nie landbouproduksie ontwrig nie en vordering is gemaak met gesprekke met leiers in dié sektor.

“Julle sou dalk ook gesien dat ek met al die vakbonde gepraat en hulle stem saam dat ons die uitdaging kan hanteer en kan slaag. Ek dink nie ons moet pessimisties wees of weghardloop van ’n feit waaraan ons aandag moet gee nie. Grondonteiening gaan plaasvind en dit gaan baie verantwoordelik gebeur,” het hy gesê.

Die adjunkpresident het ook gesê hy stem nie saam dat die land tegnies in ’n resessie is nie. Hy glo nie ’n omvattende oorsig is gedoen van die ekonomie nie.

“Kwartaallikse statistieke is gebruik – ons het nie die algehele statistieke oor ’n tydperk in ag geneem nie. Ek is egter vol vertroue dat ons as die regering dié gety sal verander. Ek is seker die president sal ’n paar aankondigings doen oor hoe die regering in die huidige situasie wil ingryp.”

In antwoord op ’n vraag oor die toename in verkragtings en seksuele aanrandings het Mabuza gesê mans moet die boodskap kry dat hulle hul optrede moet verander.

“Die kinders word deur mans verkrag. So daar is iets fundamenteels verkeerd waaraan mans aandag moet gee. Mans moet verander,” het hy opgemerk.

Lulama Ntshayisa, AIC-LP, wou weet of hy dink vroue moet ’n spesiale permit kry om vuurwapens te besit sodat hulle hul kan beskerm in die lig van die feit dat vroue en kinders feitlik daagliks vermoor en verkrag word.

Maar Mabuza dink nie so nie.

“Soos jy gehoor het, wil die minister die getal vuurwapens daar buite verminder. Nou stel jy voor dat ons die vuurwapens moet vermeerder. Onthou, al die moorde word met vuurwapens gepleeg. Ons sien uit na ’n wapenvrye samelewing.”

John Steenhuisen, DA-hoofsweep, wou weet waarom die regering nog nie gereageer het nie op die skandaal oor Bosasa, ’n maatskappy wat baie staatskontrakte het en wat glo geskenke aan ANC-lede uitgedeel het.

Mabuza het gesê hy het bewerings oor Bosasa gehoor. “Ek neem aan dit was bewerings. Die noodsaaklike ding is dat diegene wat die bewerings maak die sake aanmeld.”

Meer oor:  Adj.Pres. David Mabuza  |  Grond  |  Grondonteieing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.