Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Grondoudit ‘kan mites nek omdraai’
Gugile Nkwinti Foto: Lindile Mbontsi

Die tweede fase van Suid-Afrika se grondoudit sal hopelik help om mites oor grondbesit uit te weg ruim, glo die VF Plus.

Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, het Woensdag in antwoord op ’n geskrewe parlementêre vraag aangedui dat die grondoudit na raming rondom 31 Oktober bekend gemaak sal word.

“Die verslag is in Junie deur die kabinet oorweeg en is teruggestuur na die departement vir die ontwikkeling van ’n definitiewe voorstel,” het Nkwinti se antwoord op die vraag gelui.

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het Donderdag in ’n verklaring gesê dié langverwagte ouditverslag kan hopelik help om die mites uit die weg te ruim wat “deur politici vir skadelike retoriek misbruik word”.

Volgens Groenewald word daar al lank uitgesien na die verslag wat sal aandui watter persentasie van grond in Suid-Afrika deur elke rassegroep besit word. Dit sal ook inligting verskaf oor watter persentasie grond deur buitelanders besit word.

Pieter Groenewald

“Die verslag is noodsaaklik veral om die retoriek wat deur die politici gebruik word dat wit mense 80% van die land se grond besit, terwyl reeds aangetoon is dat die staat 14% besit, die nek ingeslaan word. Die VF Plus hoop dat die verslag deeglik en akkuraat sal wees sodat skadelike gewilde politieke uitsprake gestaak kan word en dat daar op behoorlike feite ten opsigte van grondhervorming gereageer kan word,” sê Groenewald.

Nkwinti het in Mei in sy begrotingstoespraak in die parlement gesê dit het in die eerste fase van die grondoudit duidelik geword dat ’n oudit gedoen moes word oor die eienaarskap op grond van ras, geslag en nasionaliteit.

Prof. Ben Cousins, direkteur van die Instituut vir Armoede, Grond en Landelike Studies (Plaas) aan die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK), het by navraag gesê die rede waarom Suid-Afrikaners moet omgee oor die ouditverslag is omdat harde data nodig is oor die stand van sake. “Dit is belangrik om beleid te skryf en veral in die lig van al die debatte oor grond is dit belangrik dat ons weet waarvan ons praat.

“Ons het ’n tekort aan goeie data. Daar is ook ’n leemte in die data oor die dinamika van verandering in die landbou op groot en klein skaal. Ons het dit nodig om goeie beleid te maak, in die afwesigheid daarvan laat dit ons in die donker wat die skryf van beleid betref.”

Meer oor:  Vf Plus  |  Grondonteiening  |  Grondbesit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.