Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘Grondprojekte vou sonder steun en opleiding’

Tot 90% van die grondhervormingsprojekte in  Suid-Afrika werk nie omdat die grond aan mense gegee word sonder die nodige ondersteuning en opleiding.

Só het Nick Serfontein, boer van Edenville en voorsitter van die Sernick-groep, op Kindersorg se Sake-ontbyt in Bloemfontein gesê.

Nick Serfontein (heel regs), boer van Edenville en lid van pres. Cyril Ramaphosa se advieskomitee oor grond, was die gasspreker op Kindersorg Bloemfontein se Sake-ontbyt. By hom is van links Thomas September van Nedbank se streekhoofkantoor, Johan Volsteedt, Kindersorg Bloemfontein se ambassadeur, en Marietha Johnson, direkteur en ex-officio lid van Kindersorg. Foto: Chané Uys

Nadat hy in ’n ope brief pres. Cyril Ramaphosa gevra het om hom te stuur om met grondhervorming te help, is hy deur Ramaphosa op sy grond-advieskomitee aangestel.

Serfontein sê daar is al goeie vordering oor die jare gemaak met die vestiging van jong- en swart boere, maar die manier waarop dit gedoen is, is nie so goed deurdink nie.

Sernick het tans drie opleidingsentrums in die Vrystaat waar 600 opkomende boere as kommersiële boere opgelei word. Met dié projekte word daar ’n verskil gemaak en geleenthede geskep.

Oor die regering se plan om art. 25 van die Grondwet te wysig om onteiening sonder vergoeding deur te voer, was Sernick skepties.

“Die regering kan nie grond van boere af wegneem wanneer daar produksie op die grond is nie. Dit kan wel gebeur met onproduktiewe grond en staatsgrond.”

Met die Bela-Bela-grondberaad verlede jaar het Serfontein talle swart boere gesien wat gefrustreerd was met die huidige stelsel.

“Die rede vir grondhervorming is dat dit moreel die regte ding is om te doen. Daarom moet boere opgelei word sodat daar suksesvol gebruik gemaak kan word van dié geleentheid.”

Met ekonomiese groei van 0.1% en 2%-groei in die bevolkingsaanwas is dit egter duidelik dat daar agteruit geboer word, het hy gesê.

Vir boere om by te bly met die huidige gaping tussen insetkoste en wins sal daar ’n drastiese verandering gemaak moet word aan die skaal van produksie en die verskeidenheid van produkte wat op een plaas geproduseer word.

Moderne boerdery beteken groter plase, maar minder boere.

Wanneer daar na die aantal boere in Suid-Afrika gekyk word, is dit duidelik dat verandering móét kom.

Serfontein het aangevoer dat die moderne boer die wêreld waarin hy boer, moet verstaan om suksesvol te wees.

“Jy kan nie bestuur wat jy nie ken nie. Jy kan nie verstaan wat jy nie kan bestuur nie.”

Meer oor:  Nick Serfontein  |  Grond  |  Opleiding  |  Ondersteuning
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.