Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
KYK: Grondsoekers beset elite-gholfbaan in Kaap
Lede van die organisasie Reclaim the City by die klubhuis van die Rondebosch-gholfbaan.Foto: Jaco Marais

Die elite- Rondebosch-gholfbaan in Kaapstad, wat volgens berigte vir R1 000 by die Kaapstadse metroraad gehuur word, is op Menseregtedag deur besetters oorgeneem.

Die organisasie Reclaim the City se lede het die gholfbaan beset om protes aan te teken teenoor die Kaapstadse metroraad se “mislukte pogings om openbare grond vir bekostigbare behuising te herverdeel,” lui ’n verklaring van Reclaim the City.

Grond moet vir mense wees, nie vir wins nie, lui een van die betogers se plakkate by die protesaksie.Foto: Jaco Marais

Volgens dié organisasie is die Rondebosch-gholfbaan so groot soos 45 sokkervelde en daar kan duisende huisgesinne gehuisves word. Pleks daarvan huur die klub dit vir R1 000 per jaar. Lidmaatskap aan die gholfklub kos R15 750 per jaar.

“Die nasionale regering het daarin misluk om grond te herverdeel, die provinsiale regering het daarin misluk om grond te herverdeel en die Kaapstadse metroraad het daarin misluk om grond te herverdeel. Daar is leë velde, gholfbane, rolbalbane en parkeerterreine in goed geleë gebiede,” sê Reclaim the City.

Die organisasie Reclaim the City beset Donderdag die Rondebosch-gholfbaan. Foto: Jaco Marais

Die organisasie wil hê dat Ian Neilson, onderburgemeester van Kaapstad (wat volgens Reclaim the City die ware mag is wat in beheer is van die metroraad se geldsake en grond), na die gholfbaan moet gaan en antwoord gee met redes waarom die metroraad nie daarin slaag om sy verpligtinge na te kom nie.

Lede van die organisasie Reclaim the City in protes op die Rondebosch-gholfbaan.Foto: Jaco Marais

Reclaim the City wil hê dat die metroraad hom daartoe moet verbind om die verhuring van die Rondebosch-gholfbaan en ander goed geleë openbare grond te beëindig.

Die organisasie eis dat dié grond moet herverdeel word vir behuising aan arm en werkersklasmense.

Reclaim the City sê indien die metroraad dit nie wil doen nie, moet die provinsiale of nasionale regering die grond onteien.

Die Rondebosch-gholfklubhuis op die gholfbaan. Die gholfbaan word by die metroraad gehuur vir R1 000 per jaar, volgens Reclaim the City.

Meer oor:  Ian Neilson  |  Rondebosch  |  Grondbesetters  |  Grondgryp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.