Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Grondwet kan dalk hersien word
Adj.pres. Cyril RamaphosaFoto: Argief

Die agterdeur is Woensdagaand oopgehou toe adj.pres. Cyril Ramaphosa gesê het dit is dalk tyd om 20 jaar sedert die opstel van die Grondwet dit te hersien.

Ramaphosa was die gasspreker in die parlement tydens die bekendstelling van die boek ter herdenking van die 20ste bestaansjaar van Suid-Afrika se Grondwet.

Die boek, Reflections on the Bill of Rights, wat saamgestel is deur veterane oor die politieke grense wat help timmer het aan die Grondwet.

Onder die medeskrywers is Baleka Mbete, speaker, Mangosuthu Buthelezi, IVP-leier, voormalige LP, Sheila Camerer en dr. Corné Mulder, VF Plus-hoofsweep.

Ramaphosa het verwys na mense wat sê die transfomasieproses het gefaal, dat demokrasie onder beleg is en dan vra of ons nie paar goed moet hersien wat in 1996 op ooreengekom is nie.

“Dit is alles geldige vrae. Daar is altyd tyd om wat ons toe gedoen het, in heroënskou te neem.

“Ek sal wil hê dat ons die Grondwet steeds versigtig hanteer. Daar is baie mense wat dikwels die Grondwet sien as iets waarmee hulle uitverkoop is, op grond waarvan te veel toegewings gemaak is.”

Ons moet die Grondwet behoorlik lees. “Laat ons dan vasstel waar dit tekort skiet. Laat ons dan begin praat oor klousules.”

Ramaphosa sê daar is diegene wat vra die bepaling oor eiendomsreg moet hersien word. “Sommige sê dit het ons beroof van ’n behoorlike grondherverdelingsproses. Ander sal na ander klousules wil kyk. Wel, dit is Suid-Afrika, alles is deursigtig en oop vir debat.”

Ramaphosa het ook die Grondwetskrywers geloof.

“Dit is ’n uitstekende Grondwet. Dit het tekortkominge en ons is dalk nie waar ons moet wees nie, maar ons het ’n ver pad gekom.”

Meer oor:  Ramaphosa  |  Grondwet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.