Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Grondwethof sê Donderdag oor Jiba en Mrwebi

Die Grondwethof sal na verwagting Donderdag beslis of die aansoek aangehoor sal word waarin daar gevra word dat Nomgcobo Jiba, afgedankte adjunk-vervolgingshoof, en haar kollega Lawrence Mrwebi, van die rol vir advokate geskrap moet word.

Nomgcobo Jiba
Nomgcobo Jiba. Foto: Netwerk24
Adv. Lawrence Mrwebi. Foto: Argief

Die Algemene Balieraad van Suid-Afrika het vroeër dié aansoek by die hooggeregshof in Pretoria ingedien, waar dit geslaag het.

Jiba en Mrwebi het egter die saak na die appèlhof geneem, waar daar in dié twee oud-vervolgingshoofde se guns beslis is.

Gevolglik het die Balieraad die Grondwethof, die hoogste gesag in die land, genader om aansoek te doen dat dié hof die saak aanhoor.

Die hof sal om 10:00 Donderdag sy uitspraak lewer.

Adv. Schalk Burger, SC, wat die Balieraad verteenwoordig, het voorheen in die Grondwethof gereken dat die appèlhof homself “oor die feite misplaas” het.

Burger het ook gesê Jiba het valse getuienis in haar beantwoordende verklaring gelewer nadat die voormalige Valke-hoof in KwaZulu-Natal, maj.genl. Johan Booysen, sy verklaring ingedien het.

Adv. Norman Arendse, SC, wat Jiba verteenwoordig, sê die nasionale vervolgingsgesag (NVG) is nie eens in die vorige uitsprake bespreek nie. Daarom het die saak nie ’n invloed op die onafhanklikheid van die NVG nie.

Jiba was die waarnemende hoof van die NVG van Desember 2011 tot Augustus 2013.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.