Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Groot konferensie uitgestel oor xenofobie

’n Groot internasionale media-, bemarkings- en advertensiekonferensie waarvan die inhuldigings-Afrika-weergawe vanjaar in Suid-Afrika gehou sou word, is tot volgende jaar uitgestel weens kommer oor xenofobiese geweldpleging in Suid-Afrika.

Advertising Week, soos die konferensie bekendstaan, sou vanaf 28 tot 31 Oktober in Johannesburg aangebied word. Gauteng is vroeër die maand geruk deur geweldpleging waarin minstens 12 mense dood is terwyl winkels van veral buitelanders aangeval, geplunder en vernietig is. Volgens die polisie is 700 mense in hegtenis geneem.

Pres. Cyril Ramaphosa het om verskoning gevra vir die geweldpleging, selfs toe hy by die roudiens vir oudpres. Robert Mugabe ’n toespraak gehou het.

Pres. Cyril Ramaphosa het om verskoning gevra vir die geweldpleging, selfs toe hy by die roudiens vir oudpres. Robert Mugabe ’n toespraak gehou het.

Die ander weergawes van die geleentheid word in Amerika, Brittanje, Japan, Mexiko en Australië aangebied.

Advertising Week Africa sal nou in die eerste helfte van volgende jaar in Suid-Afrika aangebied word met die datums wat nog aangekondig moet word, het Stillwell Partners, wat die geleentheid reël, gister in ’n verklaring gesê.

Advertising Week is volgens Stillwell die wêreld se grootste jaarlikse saamtrek van leiers in die velde van advertensie, kreatiwiteit, vermaaklikheid, bemarking, media en tegnologie.

“Die datumverandering kom ná ’n gesamentlike besluit deur die geleentheid se Afrika-adviesraad en ander plaaslike en internasionale belanghebbendes, na die onluste in Suid-Afrika en die gevolglike wraakaanvalle in verskeie Afrikalande,” lui die verklaring.

Volgens Stillwell is die vasbeslotenheid om Advertising Week in Suid-Afrika te hou “net nog sterker” ondanks die uitstellery. Verskeie ander geleenthede wat beplan is vir die aanloop tot die geleentheid elders, sal egter steeds voortgaan soos beplan. Dit sluit ’n gala-onthaal in ter viering van die 20 ste bestaansjaar van die Nelson Mandela-stigting op 25 September in New York, as deel van Advertising Week in dié stad. Suid-Afrika Huis op Trafalgar-plein in Londen sal ook ’n onthaal in aanloop tot die week tydens Advertsing Week Europe aanbied, lui die verklaring. 

Meer oor:  Afrika  |  Konferensie  |  Xenofobie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.