Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
GTS moet toerusting van Zondo-kantore se perseel verwyder
Adjunkhoofregter Raymond Zondo, voorsitter van die Zondo-kommissie. Foto: Felix Dlangamandla

Die Bosasa-maatskappy, Global Technology Systems (GTS), wat ’n veiligheidskontrak van volgens beweringe R10 miljoen gehad het om die kantore van die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping te beveilig, is besig om stappe te doen om sy toerusting van die perseel te verwyder.

Eerw. Mbuyiselo Stemela, woordvoerder van die kommissie, het Sondag gesê dit sal nié Maandag se sitting raak wanneer Jabu Mabuza, voorsitter van die Eskom-direksie, sy getuienis sal voortsit nie.

In ’n verklaring wat die kommissie Vrydag uitgereik het, word verwys na ’n berig in City Press verlede jaar waarin genoem is dat GTS (voorheen bekend as Sondolo IT) deur die departement van justisie gekontrakteer is om veiligheidsdienste soos kringtelevisiekameras, toegangsbeheer en fisieke veiligheidsdienste te bied.

Die kommissie, onder leiding van adjunkhoofregter Raymond Zondo, het ’n ondersoek gelas na die omstandighede waarin GTS die kontrak gekry het en GTS se dienste is opgeskort totdat die ondersoek voltooi is.

’n Forensiese ondersoek is gedoen en die kommissie asook die departement van justisie het saamgestem die nodige tenderprosedures is nie gevolg nie. Volgens die kommissie sal die minister van justisie weldra meer inligting oor die kontrak bekend maak.

Die kommissie het in die verklaring gesê dat GTS nie meer die veiligheidsdienste aan die kommissie lewer nie en dat die maatskappy gevra is om sy toerusting van die perseel te verwyder. GTS is besig om dit te doen.

Stemela het Sondag bevestig dat Mabuza Maandag voortgaan met sy getuienis.

Zondo het Vrydag gesê die sitting moet reeds om 09:00 begin en nie die gewone 10:00 nie, sodat verlore tyd vir getuienis wat gelewer moet word, ingehaal word.

Mabuza het Vrydag onder meer getuig dat dissiplinêre stappe teen die voormalige uitvoerende amptenaar van Eskom, Matshela Koko, in die wiele gery is toe Koko bedank het net voordat die dissiplinêre proses sou begin.

Vier klagte is aan Koko gestel, onder meer dat hy vertroulike inligting oor onder meer top-ingenieursprogramme wat geskep gaan word en die beleid ingevolge waartoe kontrakteurs aangestel sal word van sy private e-posadres af aangestuur het aan Salim Essa, wat met die Guptas verbind word.

Die fokus van die kommissie sal volgens Stemela vir die volgende paar weke op Eskom val.

Meer oor:  Bosasa  |  Zondo-Kommissie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.