Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Guptas: Bate-bonanza!
Lede van die Valke se batebeslagleggingseenheid en ander beamptes verlaat gister die Gupta-landgoed in Saxonwold, Johannesburg waar ’n hofbevel uitgevoer is om sekere bates te bevries. Foto: Felix Dlangamandla

Vier huise op en by die Gupta-familie se landgoed in Saxonwold, Johannesburg, is van die vele bates wat die nasionale vervolgingsgesag (NVG) se batebeslagleggingseenheid (BBE) Maandag in bewaring geneem het.

Verskeie ander bates is ook op die lys van goedere wat bevries is. Ook die Guptas se Bombardier- private straler, ZS-OAK, wat die naweek op die Lanseria-lughawe noord van Randburg ­geland het, is deur die BBE in bewaring geneem ingevolge ’n bevel van die hooggeregshof in Bloemfontein.

Dié bevel is aangevra omdat die NVG meen dit is gefinansier uit die opbrengs van beweerde bedrog en diefstal van meer as R250 miljoen uit die Vrede-suiwelprojek in die Vrystaat.

As die bevel bekragtig word, kan dié bates moontlik verkoop word om vir dié verlies van die Vrystaatse departement van landbou te vergoed.

Die jongste bewaringsbevele in die hooggeregshof in Bloemfontein is teen die 11 beskuldigdes wat op 14 Februarie in die streekhof in Bloemfontein op aanklagte van bedrog, diefstal en geldwassery verskyn het.

Twee van die mans, Peter Thabethe, die departements-hoof van die Vrystaatse departement van landbou, en Nazeem Howa, ’n direkteur van Oakbay, se vroue, Precious Thabethe en Arlene Howa, is ook by die bevele ingesluit.

Thabethe het ’n huis in Bayswater, ’n plaas en twee woonerwe in Mpumalanga. Hy het ’n Porsche Cayenne-motor en Ford Ranger-bakkie.

Daar sal dan ’n bevel aan die betrokkenes beteken word wat hulle inlig dat die bates nou onder kuratorskap is en dat hulle niks aan die bates mag doen of dit mag verwyder nie.

Seipati Dlamini, voormalige finansiële hoof van die departement, het ’n meenthuis in Hillsboro, Bloemfontein, en ’n huis in Kroonstad.

Van Ashu Chawla, ’n direkteur van Oakbay, is 17 huise, twee plase en ’n helikopter in bewaring geneem. Dit sluit ook sy huis van R3,5 miljoen in Saxonwold in.

Onder sy naam is onder meer ook ’n Lamborghini Gallardo, Porsche Cayenne, Audi Q7, Jeep Grand Cherokee en talle vragmotors en sleepwaens in bewaring geneem.

Onder Verun Gupta se naam is twee hoewes by Pretoria in bewaring geneem.

Ingevolge die bewaringsbevele is die Bombardier-straler en ’n Cessna-vliegtuig onder die naam van Ronica Ragavan, ’n direkteur van Oakbay en Aerhaven, in bewaring geneem. 11 huise in Gauteng en die Kaap is onder haar naam gelys in die bewaringsbevel wat regter Philip Loubser uitgereik het.

Dit was Maandagmiddag ’n miernes van bedrywighede by die Guptas se Saxonwold-woonkompleks, waar amptenare in minstens 15 voertuie toegeslaan het.

Lede van die BBE, doeane­beamptes en die Valke het die omheinde perseel sedert 14:00 binnegegaan om die bevel uit te voer, sê Luvuyo Mfaku, NVG-woordvoerder.

Mfaku sê hulle is besig om in samewerking met onder andere die Valke en ’n kurator inventarisse van sekere maatskappye, sommige met bande met die Gupta-familie, se bates saam te stel. Die amptenare sal dan die bates op die inventarisse laat waardeer.

“Daar sal dan ’n bevel aan die betrokkenes beteken word wat hulle inlig dat die bates nou onder kuratorskap is en dat hulle niks aan die bates mag doen of dit mag verwyder nie,” sê hy.

Die bewaringsbevel sal van krag bly tot die afhandeling van die strafsaak. As skuldigbevindings volg, sal dan aansoek gedoen word om die bates aan die staat verbeurd te verklaar.

Meer oor:  Vrede-Suiwelprojek  |  Oakbay  |  Nazeem Howa  |  Ashu Chawla  |  Saxonwold  |  Johannesburg  |  Beslaglegging  |  Guptas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.