Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Guptas flink gehelp ‘weens invloed oor Zuma’

Amptenare van die departement van binnelandse sake het voorkeurbehandeling aan die Guptas gegee omdat hulle geweet het watter invloed hierdie familie oor oudpres. Jacob Zuma gehad het.

Major Kobese, ’n voormalige direkteur wat destyds buitelandse diplomatieke kantore vir die departement gekoördineer het, het Dinsdag ook onthul hoe Malusi Gigaba, minister van binnelandse sake, se personeelhoof hom in 2015 persoonlik opdrag gegee het om te verseker dat alle Gupta-verwante aansoeke seepglad moet verloop.

Ek kan dus sê dat hulle ook ’n invloed op die minister se kantoor gehad het.

Kobese het Dinsdag voor die portefeuljekomitee oor binnelandse sake getuig. Die komitee wil vasstel of daar enige ongerymdhede was met die vervroegde naturalisasie van die nou voortvlugtige Guptas.

Gigaba getuig later Dinsdag oor sy aandeel in hierdie sage.

Kobese het op ’n vraag van Haniff Hoosen, DA-LP, geantwoord amptenare was lank bewus daarvan dat die Guptas invloed oor verskeie politici gehad het en dat die amptenare daarom “meer as hul bes moes doen” om die Guptas te help.

Op die vraag oor watter politici die Guptas invloed gehad het, het Kobese geantwoord: “Dit was meesal die president (Zuma).”

Volgens hom het hy ook nie die Guptas se regterhand, Ashu Chawla, wat alle Gupta-dokumente met binnelandse sake gehanteer het, “uit die bloute geken” nie.

Hy is spesifiek opdrag gegee deur die minister se personeelhoof om Chawla en die Guptas te help.

Chawla was ook uitvoerende hoof van die Guptas se Sahara Computers.

“Die minister (Gigaba) se personeelhoof het my eendag gebel en opdrag gegee om te sorg dat die Guptas nie verdere probleme met visums of permitte of enige ander sake met binnelandse sake ondervind nie. Ek kan dus sê dat hulle ook ’n invloed op die minister se kantoor gehad het.”

Die komitee het vroeër Dinsdag gehoor hoe Ronald Steyn destyds as immigrasiebeampte in die hoëkommissariaat in Nieu-Dehli, Indië, ook sonder behoorlike prosesse na Duitsland verskuif is om plek te maak vir ’n meer Gupta-gesinde amptenaar om die Guptas se immigrasiebehoeftes van daar af te bespoedig.

* Volg Netwerk24 vir meer oor die komitee se sitting.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.