Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘Guptas hoef nie in SA te wees om Zuma te beheer’

Of die Guptas in Suid-Afrika is of nie, staan sekondêr tot die werklike beëindiging van die sogenaamde staatskaping.

Mmusi Maimane, DA-leier, het Maandag aan Netwerk24 gesê dit is belangrik om te besef dit is pres. Jacob Zuma, en nie die staat nie, wat deur die Guptas gekaap is.

“Jacob Zuma het op sy beurt die staat gekaap,” het Maimane gesê.

Rapport en City Press het Sondag berig die Guptas het Suid-Afrika Donderdagaand aan boord van hul private straler verlaat “want hulle kon die hoon van korrupsiesat Suid-Afrikaners en die openlike vyandigheid van sakelui hier net nie meer verdra nie.”

Maimane sê die president het die staat gekaap deur sy “kornuite” in sleutelposisies aan te stel.

“Dit is hoekom hy ministers moes skuif sodat hy maklik tot sekere goed toegang kon kry. Die Guptas het hom gekaap,” het Maimane gesê.

Mmusi Maimane, DA-leier, Maandag in Rosebank in Johannesburg tydens die party se bekendstelling van sy ActivistApp. Foto: Sharlene Rood

“Of die Guptas in Suid-Afrika is of nie, is sekondêr, want hulle het steeds beheer oor Jacob Zuma. Hulle het steeds baie van die ministers, en (mense in) staatsbeheerde ondernemings wat Jacob Zuma ontplooi het in hul sak.”

Maimane sê feit van die saak is dat die kaping reeds gebeur het.

“Die enigste manier hoe jy ’n staatskaping gaan beëindig, is nie om die Guptas te verwyder nie. Jy moet die ANC verwyder. Hulle het mense in sleutelposisies wat staatsinstellings gekaap het. Dit is hoekom hulle die instellings verswak,” het Maimane gesê.

Maimane sê die mense wat die president ontplooi het, soos Baleka Mbete, as speaker van die parlement, en Shaun Abrahams as hoof van die nasionale vervolgingsgesag, is nie deur die Guptas daar geplaas nie, maar deur Zuma om homself te beskerm.

Die verhouding tussen die president en die berugte Gupta-familie is al lank onder die vergrootglas. Die druk het egter sedert Mcebisi Jonas, adjunkminister van finansies, se erkenning dat die Guptas hom die pos as minister van finansies aangebied het, net al hoe meer toegeneem.

Die ANC ondersoek nou deur die kantoor van Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, bewerings van staatskaping en die Guptas se betrokkenheid daarby. Boonop het die ANC se twee alliansievennote, Cosatu en die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty (SAKP), ’n beroep op die president gedoen om openlik sy bande met die familie te verbreek.

Die Guptas se beheermaatskappy, Oakbay Investments, het Maandagoggend in ’n onderhoud met Bloomberg-TV ontken dat die Gupta-familie uit Suid-Afrika gevlug het.

Dit het ook verlede week aan die lig gekom dat drie Suid-Afrikaanse banke hul bande met die Guptas verbreek het.

Meer oor:  Musi Maimane  |  Jacob Zuma  |  Guptas  |  Staatskaping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.