Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Guptas: Kommissie moet aard van ontmoetings ondersoek

Terwyl al hoe meer ministers erken dat hulle kontak met die Gupta-familie gehad het, is dit die taak van die regterlike kommissie wat staatskaping ondersoek om vas te stel wat die aard van die ontmoetings was.

Dit was die reaksie van die presidensie nadat Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, in ’n beëdigde verklaring erken het hy het lede van die Gupta-familie ontmoet. Nhlanhla Nene het vroeër as minister van finansies bedank omdat hy nie eerlik was oor sy ontmoetings met die Guptas nie.

Met die noue verhouding wat die Guptas met die president (Zuma) gehad het, is dit haas onmoontlik dat ministers nie die Guptas ontmoet het nie. Die kernvraag is: Sodra jy hulle ontmoet het en besef het dat hulle iets in die mou voer, wat het jy gedoen?
Dr. Somadoda Fikeni, politieke ontleder .

In Gordhan se uitgelekte beëdigde verklaring van 68 bladsye aan die kommissie vir ondersoek na staatskaping, onder leiding van adjunkregter Raymond Zondo, gee hy ’n uiteensetting van die ontmoetings. In een geval was dit op versoek van oudpres. Jacob Zuma, in twee gevalle op geleenthede en op ’n sakevergadering.

Khusela Diko, pres. Cyril Ramaphosa se woordvoerder, sê die kommissie is op die been gebring om vas te stel wat die aard van verhoudings tussen die Guptas en regeringsamptenare was en dat hulle toegelaat moet word om hul werk te doen.

“Om iemand te ontmoet is nie ’n misdaad nie. In Nhlanhla Nene se geval was hy nie eerlik daaroor nie. Die kommissie moet die omvang van die verhoudings vasstel,” het Diko gesê.

Die EFF dring egter daarop aan dat Gordhan moet erken dat hy ’n “medepligtige was in die Guptas se bedrywighede”.

Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van die EFF, het Woensdag in ’n verklaring gesê: “Die Guptas het bykans almal wat sedert 2009 in strategiese poste in Zuma se kabinet was, in die sak gehad en hulle was onder hul bestuur, insluitend Pravin Gordhan.”

Dr. Somadoda Fikeni, ’n politieke ontleder verbonde aan Unisa, sê inaggenome die Guptas se invloed op die staat, gaan dit nie daaroor of ministers hulle in vergaderings teëgekom het nie, maar of hulle na hul pype gedans het.

“Met die noue verhouding wat die Guptas met die president (Zuma) gehad het, is dit haas onmoontlik dat ministers nie die Guptas ontmoet het nie. Die kernvraag is: Sodra jy hulle ontmoet het en besef het dat hulle iets in die mou voer, wat het jy gedoen?”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.