Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Guptas se gebou glo gestroop

Die sakeman wat die Guptas se ANN7-nuuskanaal en hul koerant, The New Age, gekoop het, sê hy oorweeg dit om die koopkontrak te kanselleer omdat die vorige eienaars waardevolle toerusting uit die kantoorgebou in Midrand wegdra.

’n Werker verwyder toerusting uit die gebou.

Nazeer Noormohamed, wat ’n TV-stasie en verskeie Pretoriase koerante besit, het aan Rapport se susterskoerant City Press gesê Afrotone Media Holdings sit agter die stropery. Afrotone, waarvan Mzwanele Manyi die voorsitter is, het die ondernemings en die gebou by die Guptas gekoop toe hulle landuit is.

Noormohamed beweer van die satellietontvangers tot die lugverkoelingstelsel is weggedra. Hy sê hy het dit ontdek toe hy verlede week die gebou besoek het.

“Nadat dit onder ons aandag gekom het die gebou se bates word gestroop, het ons die afslaers gebel. Hulle sê hulle is nie verantwoordelik vir die beveiliging van die gebou nie,” sê hy.

Noormohamed sê hy het sy prokureurs opdrag gegee om te kyk hoe hy die transaksie kan kanselleer. “Ons glo nie die gebou is in goeder trou verkoop nie. Ons het na die eiendom gegaan en gesien hoe 15 lugverkoelers en ’n reuse- sentrale verkoelingstelsel op ’n vragmotor gelaai word. Drie reuse-transformators wat aan die grond vasgebout was, is ook weg.”

’n Kontrakteur op die toneel het glo vir hom gesê Afrotone gaan twee groot elektroniese borde en satellietontvangers wat vas aan die gebou was verkoop.

“Ons stel steeds belang om die eiendom te koop, maar slegs mits al die vaste bates wat gestroop is weer geïnstalleer word.”

Manyi het alle navrae verwys na Sifiso Mthethwa, ’n voormalige direkteur van Afrotone, en gesê hy het “aanbeweeg”.

Mthethwa het aan City Press gesê hulle het net verskuifbare bates verwyder soos in die verkoopkontrak bepaal word. Toe City Press hom vra of ’n lugverkoelingstelsel so ’n bate is, het hy gesê hy sal sy kollegas raadpleeg en terugkom na City Press. Hy het dit nie gedoen nie.

Noormohamed het in November verlede jaar R29,5 miljoen vir die gebou gebie en het glo reeds R8 miljoen se deposito betaal. Hy gaan nou sy deposito terugeis.

Clive Lazarus van Park Village Auctions wat die verkoop behartig het, sê hy is nie bewus van die moontlike kansellasie van die ooreenkoms of dat die gebou leeggedra word nie.

Afrotone se sakeredders het dié afslaers aangestel nadat hulle besluit het die TV-stasie en koerant kan nie gered word nie.

Meer oor:  The New Age  |  Ann7  |  Guptas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.