Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Guptas se stryd teen sakeredders na grondwethof

Die Gupta-familie het hulle tot die konstitusionele hof gewend in ’n stryd om beheer oor sommige van hul grootste maatskappye uit die hande van sakeredders te kry. Die familie beskuldig die sakereddingspraktisyns Kurt Knoop en Johan Kloppers daarvan dat hulle kwaadwillig optree deur die Guptas by misdadige optrede in te sleep.

“Die Guptas is nie in die beskuldigdebank in hierdie aansoek nie,” meld Rudi Krause, die familie se prokureur, in hofdokumente wat by konstitusionele hof ingedien is.

Ingevolge die aansoek moet die hof gelas dat Knoop en Kloppers as sakereddingspraktisyns van die maatskappye Islandsite Investments One Hundred and Eighty en Confident Concepts verwyder word.

Die aansoek daag die uitspraak uit van die appèlhof, wat Knoop en Kloppers as sakereddingspraktisyns heraangestel het.

Atul Gupta Foto: Gallo Images

In die aansoek word Knoop en Kloppers daarvan beskuldig dat hulle “ongegronde beweringe van misdadige optrede” teen die Guptas en hul vennote maak en dus inbreuk maak op hul reg op ’n regverdige verhoor.

Knoop en Kloppers se regsverteenwoordigers het die aansoek as nonsens afgemaak en sê dit is geregtelik en feitelik ongegrond. Hulle wil hê die konstitusionele hof moet die aansoek van die hand wys sonder om dit aan te hoor.

Islandsite besit 40% van Oakbay Investments, sowel as die Gupta-herehuis in Saxonwold, Johannesburg, en die familie se luukse huis in Constantia, Kaapstad.

Luidens die onderneming se sakereddingsplan beloop die maatskappy se totale markwaarde R513,8 miljoen en sy skuld aan krediteure R776,9 miljoen.

Confident Concepts besit verskeie ander eiendomme in Saxonwold en die totale markwaarde van sy bates is R174,3 miljoen, met skuld aan krediteure van R198,4 miljoen.

Die aandeelhouers in albei maatskappye – wat luidens berigte deur wetstoepassingsagentskappe ondersoek word – is Atul Gupta en sy vrou, Chetal, en Atul se broers, Ajay en Rajesh.

Lees die volledige berig op News24.

* Die hooggeregshof in Pretoria het in 2019 gelas dat Knoop en Kloppers onmiddellik as sakereddingspraktisyn verwyder word.

Die hof het bevind dat hulle “nie hul pligte met die hoogste vlak van goeie trou, objektiwiteit en onpartydigheid op verskeie terreine uitgevoer het nie”, insluitend die verkoop van die maatskappye se bates.

Die Guptas het aangevoer hulle kon nie daarin slaag om te verseker dat Islandsite se Westdawn Investments se opleidingsfasiliteit in Rustenburg voldoende beskerm word nie, wat daartoe gelei het dat dit geplunder en gevandaliseer is. Dit het volgens hulle daartoe bygedra dat die eiendom vir ’n derde van sy regmatige waarde verkoop is.

Knoop en Kloppers het hulle gewend tot die appèlhof, wat die hooggeregshofuitspraak omgekeer het.

Lees die appèlhof se uitspraak hier.


Meer oor:  Staatskaping  |  Politiek  |  Konstitusionele Hof  |  Sakeredders  |  Gupta's
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.