Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Guptas se uitlewering dalk nóg ’n tree nader

Die moontlike uitlewering van die omstrede Gupta-familie is nóg ’n tree nader.

Die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) het die ooreenkoms oor die uitlewerings, wat hy en Suid-Afrika in 2018 onderteken het, bekragtig.

Ajay en Atul Gupta Foto: Argief

Mahash Alhamel, die VAE se ambassadeur in Suid-Afrika, sê in ’n verklaring die ooreenkoms is op 11 April bekragtig. Die Suid-Afrikaanse parlement het dit vroeër al gedoen.

Sy verklaring kom nadat die nasionale vervolgingsgesag (NVG) Interpol verlede week gevra het om hom te help om die lasbriewe vir die inhegtenisneming van verskeie lede van die omstrede Gupta-familie uit te voer.

Die NVG het die lasbriewe reeds vroeër uitgereik.

Die Guptas, wat deur Suid-Afrika gesoek word weens hul beweerde betrokkenheid by die staatskaping, het ’n paar jaar gelede uit die land padgegee.

Volgens alle aanduidings bevind die familie hulle in Dubai in die VAE.

Die lasbriewe is vir Atul Gupta, sy vrou, Chetali, Rajesh Gupta, sy vrou, Arti, Ankit Jain, die voormalige ondertekenaar van die Nulane Investment Bank van Baroda, Ravindra Nath, direkteur van Wone Management, asook Ramesh Bhat en Jagdish Parekh, direkteure van Pragat Investments.

Adv. JJ du Toit, ’n afgetrede adjunkdirekteur van openbare vervolgings met baie ervaring van uitlewerings, sê die bekragtiging van die ooreenkoms kan die uitlewering van die Guptas bespoedig.

Die ooreenkoms tussen Suid-Afrika en die VAE handel oor uitlewering en wedersydse regshulp en maak vir ’n aantal uitlewerbare misdade, insluitend dié van korrupsie, voorsiening.

“Ooreenkomste soos dié verplig lande om met mekaar saam te werk met betrekking tot die bekamping van misdadige aktiwiteite.”

Du Toit sê hy is oortuig daarvan dat Interpol weet waar die Guptas hulle bevind.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.