Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Haar naam kwaadwillig gebruik, sê Zille

Helen Zille, premier van die Wes-Kaap, sê politici wat aandag van hulself en hul ontmoetings met die omstrede Gupta-familie wil aflei, sleep haar naam kwaadwillig in by die sage.

Dit volg nadat Rob Davies, minister van handel en nywerheid, erken het dat hy – net soos baie ander Suid-Afrikaanse politici, insluitend Zille – sosiale uitnodigings van lede van die Gupta-familie aanvaar het, berig Fin24.

Helen Zille, premier van die Wes-Kaap. Foto: Malherbe Nienaber

Zille sê sy het al jare gelede oop kaarte gespeel oor haar ontmoetings met die Guptas toe hulle in 2007 nog onbekende sakemanne was.

Zille het gesê dat sy destyds toe sy nog die burgemeester van Kaapstad was ’n uitnodiging aanvaar het vir die opening van die Sahara Park-krieketstadion op Nuweland. “Ek het die geleentheid bygewoon. Daar is niks snaaks daaraan nie, dit was jare gelede voordat hulle so berug geword het.”

Sy sê sy is siek en sat dat politici haar naam insleep in ’n poging om hul eie handelinge met die Guptas te regverdig.

Intussen berig Lameez Omarjee van Fin24 dat Davis in ’n skriftelike antwoord op vrae van Werner Horn, DA-LP, sy interaksie met die Gupta-familie uiteengesit.

Davies het glo verduidelik dat hoewel hy in die verlede met lede van die Gupta-familie vergader het, het hy geen amptelike administratiewe optrede namens hulle aangegaan nie.

Davies het eers in 2009 ’n lid van die Gupta-familie ontmoet by ’n vergadering wat deur oudpres. Jacob Zuma se seun Duduzane gefasiliteer is. “Ek het Duduzane geken sedert hy ’n kind in Maputo was en het ingestem tot ’n ontmoeting by my huis in Kaapstad,” het Davies gesê.

Op hierdie vergadering het Ajay Gupta ’n lewensvatbaarheidstudie bespreek vir ’n mynprojek wat aan die Nywerheidsontwikkelingskorporasie (NOK) voorgelê is. Ajay het glo gekla dat sy aansoek lank vat om verwerk te word, moontlik tot nadeel van werkers wat hul werk kon verloor. Davies het gesê hy het verduidelik dat hy nie in staat was om betrokke te raak by die besluit om die meriete van ’n aansoek te bepaal nie.

“Ek het egter gesê ek sal sy klag oor die vertraging na die NOK verwys, soos ek met baie ander soortgelyke klagtes gedoen het wat verband hou met prosedures deur die departement of agentskappe wat aan die department rapporteer,” het hy gesê.

Meer oor:  Helen Zille  |  Guptas  |  Ontmoeting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.